Laat jou lig skyn vir Jesus!

Laat jou lig skyn vir Jesus!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” (Mat 5:16)

“Op 'n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.” (Joh 8:12)

Kan jy jou ’n wêreld voorstel waar daar geen lig is nie? Alles is donker en jy moet rondvoel as jy iets soek en jy kan niks herken nie. Jy kan nie die see of die wolke sien nie, want alles is donker om jou. Ek het al baie gewonder hoe swaar dit moet wees om heeltemal blind te wees. Dit is dan ook geen wonder dat die eerste ding wat God geskape het, lig was nie. Maar lees baie mooi wat in Genesis 1:3 staan: “Toe het GOD gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig.” – waar het hierdie lig vandaan gekom? Beslis nie van die son en die maan en die sterre wat ons aarde elke dag verlig nie, want GOD het hulle eers op die vierde dag geskep! Nee, die eerste lig was uit GOD self. GOD is ons eerste lig – Jesus is die lig vir die wêreld! (Joh. 8:12)

Dit is baie interessant dat Jesus dan ook in die Bergpredikasie (Matteus 5-7) vir Sy dissipels, as een van Sy eerste opdragte, sê: “Julle is die lig vir die wêreld.”  Wat beteken dit vir jou en my, wat ook graag Jesus se dissipels wil wees? Hoe moet ons as ligte vir Jesus Skyn? Die eerste ding wat ons moet onthou is dat daar net een rede is hoekom ons moet skyn: “sodat ander wat jou goeie werke sien julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” (Mat. 5:16) Alles wat ons doen moet die Vader grootmaak en verheerlik!

As jy jou lig laat skyn:

Is jy getrou aan jou huweliksmaat!
Betoon jy elke dag aan jou ouers eerbied en respek!
Doen jy jou huiswerk en skoolwerk pligsgetrou!
Is jy die werkgewer wat jou werknemers met waardigheid vergoed!
Is jy die werknemer wat jou beste gee en nie kla oor alles nie!
Probeer jy nie om jouself te verryk ten koste van ander nie!
Is jy die buurman wat vriendelik optree!
Betaal jy jou rekenings getrou!
Bring jy jou volle deel in die samelewing en leef entoesiasties!
Praat jy nie een ding en doen ’n ander nie!

Kan mense al Jesus se lig in jou sien? Onthou dat jou kinders en mense om jou, jou dophou en meer reageer op wat jy doen as wat jy sê! Jy bring lig in baie mense se lewe deur die manier waarop jy elke dag lewe en GOD verheerlik!

Laat jou lig skyn vir Jesus!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles