Reses

Reses

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Elke mens het in sy leeftyd ‘n tyd van reses nodig.  Asemskeptyd. Aftyd om jou skaal te yk sodat dit weer perfek balanseer. ‘n Oomblik wanneer jy pause en die reset-knoppie druk en wag vir die proses om te voltooi. Soos ‘n boot om op die slip te gaan vir instandhoudingswerk.  Met jou voertuig by ‘n stopstraat sti te hou – ordentlik, om die verkeer dop te hou, voorrang te gee aan voetgangers en jou beurt af te wag om in veiligheid verder  te ry.  Skole neem ‘n paar kere in die jaar  resesse, ter wille van leerkragte se geestesgesondheid.

Die Parlement gaan in reses, net voordat hulle die stortvloed woorde wat hulle oor en weer geslinger het in aksie moet laat oorgaan. Of om distansie te kry van die verduideliking van een of ander korruptheid wat deur die Beskermer blootgelê is. Wat mense tydens so ‘n reses doen, is persoonlike keuse. As ek ‘n onderwyser was, sou ek my eie kinders na hul Oupa en Ouma stuur wat in die verste hoekie van die land bly, vir my ‘n tentjie langs ‘n rivier gaan opslaan en my oorgee aan die skreeuende, gehoorsame stilte van die natuur. As ek ‘n parlementariër was, sou ek van spa tot spa deur die land toer, heeldag met ‘n wit kamerjas en sonbril rondloop en my vol warm klippe laat pak en met Nylmodders laat beplak om al die giwwe uit my uit te trek. Of ek sou in ‘n neurokliniek gaan inboek en my kop vol sensors en monitors laat plak,  seker maak dat dit aan ‘n 3000W stofsuier gekoppel is en my verstand laat skoonsuig van al die gunk  wat  mense my tydens sittings gevoer het in die hoop dat ek vir hulle absurditeit sou  val. 

Maar...daar is altyd ‘n maar...toe het ek mos ‘n wiskunde onderwyser cum skoolhoof gehad wat op die laaste dag van elke kwartaal gesê het: “ Onthou kinders, ‘n reses beteken nie dat julle niks moet doen nie; dit beteken jy kry tyd om net ‘n slag iets anders te doen as skoolwerk.”  In hierdie geval – en dis die uitsondering – het ek gedwee ‘n onderwyser se opdrag uitgevoer. Ek het nie geweet hoe ‘n mens “niks” doen nie, weet dit tot vandag toe nog nie. Staan ‘n mens soggens op, was gesig, borsel tande, trek aan, hou stiltetyd, drink koffie, eet beskuit en gaan sit dan op die stoel naaste aan die son, vou jou hande, kyk met nikssiende oë by ‘n venster uit en wag totdat iemand vir jou roep vir middagete? My diepste benoudheid lê by daardie tydgleuf wanneer mense handegevou voor hulle sit en uitstaar.  Ek knyp sommer die kat in die verbygaan uit pure frustrasie vir sulke mense se part,  maak ‘n kas wat ek laasweek uitgepak en –gewas het oop, haal weer al die bakke uit en begin dit herrangskik. Net om IETS te doen.  Na vier jaar en ses maande het die tyd vir my reses aangebreek. 

Ek wou reeds vanaf Januarie in reses gaan om aan my eie boek te werk, maar dit het nie gewerk nie.  Hierdie keer kan ek nie anders nie, want  ek het my ingelaat vir nog ‘n boek wat afspeel rondom die verdwyning van my neef aan die Weskus. Hierdie boek is belangrik omdat dit hopelik sal bydra tot die geestelike heling van die naasbestaandes en die wyer familie, asook hulle na aan die twee drenkelinge  tydens die ramp. Hoe lank my reses gaan wees, kan ek nie voorspel nie, omdat insette voortdurend inkom.  Intussen doen ek ‘n beroep op die lesers  om my gereelde spasie te vul met jul eie geskrifte.  Hier is soveel staaltjies, veral onder die ouer inwoners van Blompark wat ‘n mens nie verlore moet laat gaan nie. Ons kinders moet weet hoe hulle grootouers hier geleef het, watter kattekwaad hulle aangevang het en hoe hulle moes planne maak ter wille van oorlewing.

Stuur julle bydraes van 650 tot 700 woorde aan courant@itec.co.za of gaan handig dit persoonlik in by die Courant se kantoor.  Ek sien daarna uit om ‘n slag van julle stories te lees!  Laat ons skryf!

Carine Badenhorst

Reses

Carine Badenhorst

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight

Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight

Did you know the Carpet Geranium, also known as Vrouebossie (Geranium incanum), is more than just a pretty wildflower?

Grootbos Foundation
Freestyle Chess Thrills at Grootbos Lodge

Freestyle Chess Thrills at Grootbos Lodge

This week, chess took centre stage! 

Grootbos Foundation
9 Days to Christmas: Sense of Humour

9 Days to Christmas: Sense of Humour

By now, you might be on your way to the family. Be very sure that the first thing you pack is your sense of humour.

It is Okay for Others to Talk about Themselves

It is Okay for Others to Talk about Themselves

All of us want to know that we are heard and seen, and with that, we know that we are valued.

Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan

Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan

Ons wens die Gansies wat die Wes-Kaap verteenwoordig by die Mzansi Inter-Provinsiale Jeugskaakkampioenskap sterkte toe.

Laerskool Gansbaai
Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025

Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025

Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025.

Gansbaai Golf Club
See All Articles