Strek altyd uit na Bó!

Strek altyd uit na Bó!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe GOD my geroep het in Christus Jesus.” (Fil.3:13,14)

Daar is in die Christen se lewe één groot spanning wat nooit ophou nie. Ons hou nooit op om ons in te span om die hemelse prys te behaal waartoe GOD ons geroep het nie. GOD se roeping is lewensbelangrik – Hy roep jou na bo. Maar net so is ons uitstrek na bo ook belangrik. Albei is belangrik. As GOD roep en niemand antwoord nie – gebeur niks. As ons uitstrek na bo maar GOD is nie met ons nie – gebeur ook niks. In elke geval niks goeds nie.

Het jy al ooit probeer om in ’n swembad ’n groot strandbal bal onder die water te druk en daarop  probeer staan? Het jy opgemerk dat hoe dieper jy die bal probeer afdruk hoe sterker word die krag in die bal wat na bo druk? Die rede is dat die lug wat binne die bal is eintlik dieselfde lug is wat bokant die water is. Dis waar dit hoort. Die bal wil boontoe! Dieselfde gebeur met ons as Christene. Daar is iets binne-in ons wat altyd boontoe wil gaan. Dit is GOD se opwaartse roeping in ons lewe. Hy roep en ons moet uitstrek na Hom wat daar bo is. Baie van ons dobber maar net op die water van die lewe rond. Ons hoop maar iewers gaan daar ’n wonder werk gebeur. Maar niks kan teen die stroom opdryf nie. Jy gaan niks regkry deur die hele tyd teen die stroom te probeer opvaar nie. As jy nie na boontoe opgetrek word nie gaan jy heeltyd afdryf in die stroom – om later heeltemal deur die see verswelg te word.

GOD roep jou na bo. Jy moet uitstrek na Hom wat jou roep. Soos Paulus dit ook stel: “Maak jou los van wat agter jou is.”  (Fil. 3:13) Soos ’n atleet moet jou ook op die wenstreep gevestig bly. ’n Goeie rugbyspeler beur altyd vorentoe na die doellyn. Verbreek die dinge van die verlede wat jou verhinder om voluit na Jesus uit te strek. Die wonderlikste prys wag vir ons almal dáár bo by GOD.

Kom laat ons mekaar elke dag aanspoor en bemoedig sodat ons na bo kan uitstrek en die hemelse prys behaal!

Strek altyd uit na Bó!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight

Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight

Did you know the Carpet Geranium, also known as Vrouebossie (Geranium incanum), is more than just a pretty wildflower?

Grootbos Foundation
Freestyle Chess Thrills at Grootbos Lodge

Freestyle Chess Thrills at Grootbos Lodge

This week, chess took centre stage! 

Grootbos Foundation
9 Days to Christmas: Sense of Humour

9 Days to Christmas: Sense of Humour

By now, you might be on your way to the family. Be very sure that the first thing you pack is your sense of humour.

It is Okay for Others to Talk about Themselves

It is Okay for Others to Talk about Themselves

All of us want to know that we are heard and seen, and with that, we know that we are valued.

Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan

Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan

Ons wens die Gansies wat die Wes-Kaap verteenwoordig by die Mzansi Inter-Provinsiale Jeugskaakkampioenskap sterkte toe.

Laerskool Gansbaai
Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025

Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025

Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025.

Gansbaai Golf Club
See All Articles