Biblioteek wen Courant se blokraai

Biblioteek wen Courant se blokraai

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Overstrand Biblioteek wen vandeesweek die boekprys vir  Blokraai nr. 236.

Ons dorp se jong lesers kan gerus die twee boekies in die kinderboekreeks: Z is vir Zackie gaan uitneem.

Die oorspronklike Zackie Mostert-reeks het reeds duisende aanhangers – en nou is daar ook ‘n leesreeks, perfek vir beginnerlesers.

Elke boek bevat helder volkleurillustrasies en maklik verstaanbare teks wat die prettige stories vir jong lesers toeganklik maak.

Zackie se avonture saam met sy hond, Frankenstein, sy beste vriend, Vincent, die moeilikheidmaker Anton  en die kwaai buurvrou, mevrou Langenhoven, maak dit hope pret om te leer lees!

Die titels van die twee boekies wat die biblioteek wen is Die rowwe resies en Die paddapoets.

Oor die skrywer

Met topverkopertitels soos My ouma is 'n rock-ster, Superheroes vlieg net saans en Wiskunde gee my maagpyn agter sy naam, is dit g’n wonder nie dat Jaco Jacobs een van die gewildste, veelsydigste en mees bekroonde kinderboekskrywers in Afrikaans is. 

Sy boeke vir jong lesers is propvol aweregse humor, gruwelike grilgoed en wilde avonture.

Jaco het reeds meer as 100 boeke die lig laat sien en meer as 650 000 kopieë van sy boeke is reeds verkoop.

Afgesien van die kinderboeke, skryf  hy ook rubrieke, tydskrifartikels, ‘n kinderboekblog en hy het reeds meer as 250 boeke in Afrikaans vertaal.

Jaco het in die Karoo grootgeword, maar woon deesdae in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, hul dogtertjies, Mia en Emma en drie honde Pippie, Binki en Otto.

Z is vir Zackie-boekies is beskikbaar by Lapa Uitgewers.  Besoek gerus hul webblad:  www.lapa.co.za

Biblioteek wen Courant se blokraai

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles