Black Leaves beïndruk teen Hawston

Black Leaves beïndruk teen Hawston

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Hawston, wat die oorheersende span in die onlangse rugbywedstryd teen Black Leaves was, moes “bloed-sweet” om uiteindelik met 27-22 te wen.

Black Leaves se aanvallende spel het vele geleenthede geskep om Hawston te laat rondskarrel, maar hulle rotsvaste verdediging het die deurslag gegee.

Hawston het die Baai deurentyd aangevat met hul meer dominerende voorspelers en sodoende Black Leaves se verdediging getroef om vir die druk van drieë deur te bars.

Met die Hawston-wedstryd het Black Leaves getoon dat hulle nou die regte “temperatuur” bereik het om vas te staan onder die druk van groot spanne.

Die afrigters, Gordon en Lalla, kan hieruit vertroue kry dat hul span met die oorblywende vyf wedstryde hul ondersteuners se harte warm sal laat klop, maar dan sal hulle moet uithaal en wys om hul voorsprong en tellings te handhaaf.

Hulle is nog nie ‘n “een onder kombers” span nie, met nog te veel veranderings, maar andersins ‘n goeie kombinasie.

Gogga (vleuel) het goed gedoen met sy twee pragdrieë en ‘n derde wat hy gemis het. Divvy se skopskoen het hom nie in die steek gelaat nie en hy palm twaalf punte in, maar hy het sy skopskoen te gou weggepak met twee mislukkings pale toe.

Gesien vanuit die uiteensetting van die dag se punte, moes Hawston stil wees, maar daar was ‘n eindfluitjie (Hawston eerste): 5-0, 5-3, 5-6, 5-11, 12-11, 17-11, 22-11, 22-14, 27-19 en 27-22.

Botrivier moet homself gereed maak vir Saterdag, 6 Augustus op Gansbaai se tuisveld. Bradwill, Triston en (Sampie, waar is jy?) kan nou stabiliteit terugbring.

Black Leaves se ander twee spanne trap behoorlik klei en verloor altwee hul wedstryde met 0-28, maar kan steeds terugdraai en sake verander.

Carlo Pieters in die tweede span as vleuel word as pure yster beskou en behoort eersdaags sy staal te wys. Kosie Davids kom ook nog gereeld heel anderkant uit en het sommer uitgehaal vir die dag se wedstryde.

Jesley en Jeremy Titus is ‘n lus vir die oog op die veld met hul dinamiese spelpatroon. Justus sal ook iets na die spel moet terugbring, waartoe hy wel in staat is.

Greg is nou besig om die kluts kwyt te raak en sal sy sokkies moet optrek, met Braampie wat ook nie ingee nie.

So sê Bra “G”

Black Leaves beïndruk teen Hawston

So Sê Bra G

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Thank you for this lovely five-star review Debbie, it was great hosting you guys!

A Conversation With AI

A Conversation With AI

AI can access and synthesize a much broader range of information than any one person typically can, and very quickly, but that doesn't mean AI is more knowledgeable overall than every person. 

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
See All Articles