NGK B'Bos hou GROOT Fees

Sien die foto van die 2016 se Skaapkopete by De Uijlenes onder:

Die groot skaapkopkokkedoor,   Philip Groenewald het die gaste behoorlik laat smul.  Philip maak deel uit van die Twaalfuurkop Skaapkopgilde van Swellendam.
Die manne van die NG Kerk Baardskeerdersbos het hul kookvernuf Saterdagaand, 30 Julie 2016, ingespan om vir die oudste NG-kerk in die omgewing fondse te in.  Die fondse word hoofsaaklik aangewend om die kerk en –terrein in stand te hou. Agter die kospotte staan Jaco Uys, Andries en Johan van Dyk.
Sò moet ‘n skaapkop mos lyk!  Daar is weke lank gepraat oor dié aand en hier lyk Kobus van Staden van Franskraal baie ingenome met die maal wat wag.
Al die pad van Oostersee af – Tony en Karen Hoogendijk.  Hul huisie by Die Damme maak van hulle gereelde Gansbaaiers.
Manjifiek! Deon Kloppers van die O.m.G.e.e. Bediening kon nie vir ‘n beter verjaardagparty gevra het saam met vriende nie!
Lid van die Pearly Beach Hengelklub – Peter en sy vrou Joan Petersen van Table View
Die bekende en gewilde Baardskeerdersbos Boere-orkes het die voete behoorlik gekielie. Die tafels is na ete weggeskuif en daar is gedans dat die stof staan.
Gansbaai_NGK_BBos_hou_GROOT_Fees_Collage
Gansbaai_Courant