Seedinge - Katrol en Anker

Seedinge - Katrol en Anker

Gansbaai Courant

So rukkie terug verneem ek van Nickey Mostert (van De Kelders) n.a.v. die berig oor die uitsonderlike katrol wat in die uitgawe van 7 Julie 2016 verskyn het en plaas graag. Sy kommentaar: Hy sê die groot katrol is ‘n Alvery of ‘n reproduksie daarvan. Die katrolle langs die Alvery is Scarboroughs. Die meer soliede katrolle, naaste aan die kamera is deur die ouer Gansbaaiers “Keeswiele” genoem. Dankie vir die inligting, Nickey. Altyd lekker om van die ander medehengelaars te hoor. Is daar nog manne wat kommentaar wil lewer?

 Nog iets oor ankers - Baie maal is dit beter om op die dryf te gaan en dus nie die anker te laat sak nie. Later is daar ‘n stroom wat weer die gebruik van die anker noodsaak. So gebeur dit dan dat deur die ongereelde gebruik daarvan dit baie maklik vergeet kan word  --  en gebeur dit met die anker steeds gehaak op die bodem kan dit ernstig word. Besluit jy dus om aan te beweeg sonder om die anker te lig (en dis nie ongehoord nie) kan dit baie skade veroorsaak en onder sekere omstandighede selfs tot groot verliese ly en selfs lewensgevaarlik word indien jy haastig wegtrek met die gevolg dat jou boot se neus onderwater getrek word. Die risiko word vererger wanneer die verbindingstou (“tie”) nie reg aangebind word nie en daar byvoorbeeld met die proses te min skiet op die ketting toegelaat word.

Die tou moet so gebruik word dat dit sal breek wanneer benodig en is dit te sterk dien dit nie werklik ‘n doel nie. Stel jou voor die anker lê vas op die bodem en wanneer jy dan wegtrek (hopelik nie te vinnig nie!), die “tie” weier om te breek en die anker kom nie op nie! Baie groot en ernstige probleme. Met sand- en moddergronde staan jy nog ‘n kans, maar riwwe kompliseer die situasie.

Ek plaas hierdie tipe voorval op gelyke vlak met die dreineringsproppe wat ook maklik vergeet word. Dis nie ‘n fout wat dikwels gemaak word nie, maar dis ernstig genoeg om spesiale aandag te verg. Tussen die skipper en die ankerman behoort ‘n verstandhouding te wees sodat hierdie probleem glad nie voorkom nie.

Wat is die situasie met die visvangs? Die weer bly wissel en lewer nie juis goeie resultate nie maar dit veroorsaak ook dat die verwagting daar is. En met reg, gee maar nog bietjie kans.

Groete, Seemeeu

Seedinge - Katrol en Anker

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles