Seedinge - Katrol en Anker

Seedinge - Katrol en Anker

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

So rukkie terug verneem ek van Nickey Mostert (van De Kelders) n.a.v. die berig oor die uitsonderlike katrol wat in die uitgawe van 7 Julie 2016 verskyn het en plaas graag. Sy kommentaar: Hy sê die groot katrol is ‘n Alvery of ‘n reproduksie daarvan. Die katrolle langs die Alvery is Scarboroughs. Die meer soliede katrolle, naaste aan die kamera is deur die ouer Gansbaaiers “Keeswiele” genoem. Dankie vir die inligting, Nickey. Altyd lekker om van die ander medehengelaars te hoor. Is daar nog manne wat kommentaar wil lewer?

 Nog iets oor ankers - Baie maal is dit beter om op die dryf te gaan en dus nie die anker te laat sak nie. Later is daar ‘n stroom wat weer die gebruik van die anker noodsaak. So gebeur dit dan dat deur die ongereelde gebruik daarvan dit baie maklik vergeet kan word  --  en gebeur dit met die anker steeds gehaak op die bodem kan dit ernstig word. Besluit jy dus om aan te beweeg sonder om die anker te lig (en dis nie ongehoord nie) kan dit baie skade veroorsaak en onder sekere omstandighede selfs tot groot verliese ly en selfs lewensgevaarlik word indien jy haastig wegtrek met die gevolg dat jou boot se neus onderwater getrek word. Die risiko word vererger wanneer die verbindingstou (“tie”) nie reg aangebind word nie en daar byvoorbeeld met die proses te min skiet op die ketting toegelaat word.

Die tou moet so gebruik word dat dit sal breek wanneer benodig en is dit te sterk dien dit nie werklik ‘n doel nie. Stel jou voor die anker lê vas op die bodem en wanneer jy dan wegtrek (hopelik nie te vinnig nie!), die “tie” weier om te breek en die anker kom nie op nie! Baie groot en ernstige probleme. Met sand- en moddergronde staan jy nog ‘n kans, maar riwwe kompliseer die situasie.

Ek plaas hierdie tipe voorval op gelyke vlak met die dreineringsproppe wat ook maklik vergeet word. Dis nie ‘n fout wat dikwels gemaak word nie, maar dis ernstig genoeg om spesiale aandag te verg. Tussen die skipper en die ankerman behoort ‘n verstandhouding te wees sodat hierdie probleem glad nie voorkom nie.

Wat is die situasie met die visvangs? Die weer bly wissel en lewer nie juis goeie resultate nie maar dit veroorsaak ook dat die verwagting daar is. En met reg, gee maar nog bietjie kans.

Groete, Seemeeu

Seedinge - Katrol en Anker

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Thank you for this lovely five-star review Debbie, it was great hosting you guys!

A Conversation With AI

A Conversation With AI

AI can access and synthesize a much broader range of information than any one person typically can, and very quickly, but that doesn't mean AI is more knowledgeable overall than every person. 

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
See All Articles