Gholf se Sid lê tuig neer

Gholf se Sid lê tuig neer

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Sid van der Vyver van Gansbaai Gholfklub het gedurende sy dienstyd, bo en behalwe die daaglikse instandhouding van die baan, twee setperke eiehandig gebou, teen sowat R10 000 elk en sodoende die klub groot uitgawes gespaar.

Nou het hy, ná sewentien jaar, besluit dit is aftreetyd en het op 31 Julie sy gholftuig neergelê. 

Die komitee, spelers en vriende het Vrydagaand, 29 Julie tydens hulle maandelikse steakaand amptelik van Sid en sy eggenote, Christine afskeid geneem.

Sid het aanvanklik as kroegman by die klub gewerk, maar daarna vir die grootste gedeelte van die tyd as die persoon wat die gholfbaan met ernstige toewyding versorg het.

Ander voorbeelde van Sid se insette en besparings vir die klub, was om   al die onderhoud van die baan se toerusting self te doen en hy en sy werkers het ook die besproeiing op die gholfbaan verlede jaar geïnstalleer, wat  tot ‘n groot besparing gelei het.

 “Die klub sal ver moet soek om 'n meer lojale en toegewyde persoon te kry,” sê Gina Esterhuizen van die klub. “Dit is ook so dat oom Sid na die afloop van 'n naweek se gholf op Sondagaande 'n draai op al die velde sou ry om die baan te inspekteer, selfs terwyl sy been beseer was en tannie Christine hom moes rondry.”

Die komitee en spelers het groot waardering vir Sid se jarelange onbaatsugtige diens wat hy gelewer het en vir die setperke se uitstekende toestand - te danke aan hom.

Hulle wens Sid en Christine ‘n welverdiende rustyd toe. Gelukkig sal die klub hom nog gereeld sien, aangesien hy ingestem het om vir konsultasiewerk  beskikbaar te wees op die gholfbaan.

Die klub was ook bevoorreg om die twee DA-kandidate, rdl Riana de Coning (Wyk 1) en Andrew Komani (Wyk 1), asook hul gades tydens die gesellige steak-aand te kon verwelkom.

Gholf se Sid lê tuig neer

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Thank you for this lovely five-star review Debbie, it was great hosting you guys!

A Conversation With AI

A Conversation With AI

AI can access and synthesize a much broader range of information than any one person typically can, and very quickly, but that doesn't mean AI is more knowledgeable overall than every person. 

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
See All Articles