Werner vang roofvis in Natal

Werner vang roofvis in Natal

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die bedrewe jong Gansbaai hengelaar, Werner van Zyl het onlangs  aan die nasionale junior roofvis toernooi in Shelley Beach deelgeneem.

Uit die tien o/19-spanne het die WP span (Werner se span) 6 de geëindig.

Sy spanmaats was Bradley Bartlett (kaptein) van Gordonsbaai en Jared Zurnamer (Cape Boat klub).

Die span se eerste dag was  rampspoedig toe hul  boot, “Father Time” se motor seergekry het.  Hulle moes ‘n hele drie ure inboet en “lyne op” het reeds 12:00 plaasgevind, in plaas van 14:00.  Hulle was genoop om leëhande terug te keer.

Dinsdagoggend het ‘n pragtige dag op hulle gewag en hulle was reeds 06:00 saam met die ander bote uit.

Hulle het beter geluk gehad op die boot  “Ignobillis”. 

Jared het ‘n kawa-kawa ingeweeg van 6.4kg en Werner ‘n geelvintuna van 9.8kg.  Werner se tropiese geelvis was ondergewig en het dus nie getel nie.

Op die derde dag het al drie hengelaars geelvintuna bo 6kg ingeweeg.  Hulle boot was “Watt 4” en dit was ‘n lieflike dag op see.

Met “Aqua-Holic” op dag 4 het hul geluk gedraai en met ‘n geelvintuna van 8.6kg wat Bradley uitgetrek het, het hulle van die sesde, na die vyfde posisie opgeskuif – slegs 15 punte verskil van die span wat in die derde posisie gelê het.

Dag vyf op “Lady Ace” het Werner ‘n natalsnoek van 3,4kg uitgetrek en dit was ook die enigste vis wat ingeweeg is.  Dit was die eerste keer in twee jaar dat ‘n natalsnoek tydens ‘n kompetisie ingeweeg word.

Die swak dag het die span terug gegooi na die sesde posisie.

Die vangste was vanjaar oor die algemeen swak. ‘n o/16 junior van Gauteng het die swaarste vis ingeweeg - ‘n geelvintuna van 18kg.

Bodemviskompetisie

Overberg Bootklub bied vir die vyfde keer die Inter-provinsiale Bodemvis-kompetisie aan oor vier dae, vanaf Dinsdag 9 Augustus.

Twee Gansbaaiers, Werner en Christof Dahl neem saam met Stefano Baschera van Gordonsbaai deel as die WP Juniorspan,

Chris Fourie en Amanda van Staden van Overberg Bootklub neem onderskeidelik in die WP-Senior en damespan deel.

Werner vang roofvis in Natal

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Thank you for this lovely five-star review Debbie, it was great hosting you guys!

A Conversation With AI

A Conversation With AI

AI can access and synthesize a much broader range of information than any one person typically can, and very quickly, but that doesn't mean AI is more knowledgeable overall than every person. 

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
See All Articles