‘n Egte outydse sokkiejol tot laatnag toe kan net groot geselligheid, pret en plesier afgee.
Dit verskaf egter ook satisfaksie om te weet die doel van al die pret is om Gansbaai Goue Hande te ondersteun in hul fondsinsamelingsprojek ten bate van Herberg-Aan-See Tehuis vir Bejaardes.
Dié jaarlikse geleentheid word vanjaar gereël vir Saterdag, 20 Augustus in die Birkenhead Boothengelklubsaal in Gansbaai hawe. Toegang beloop R35 per persoon wat ‘n genotvolle aand beloof.
Jollers kan hul eie eetgoed saamneem.
Netjiese, gedekte tafels sal beskikbaar wees, asook behoorlike voetejeuk dansmusiek tot laataand toe.
‘n Kontantkroeg is beskikbaar. Geen eie drank sal toegelaat word nie.
Skakel Francia van Dyk vir meer besonderhede by 028-384-0262 of 082-551-3613.