Oudste lid steeds aktief op land en see

Oudste lid steeds aktief op land en see

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die klubbestuurder van Overberg Hengelklub, Gert du Plessis, het Dinsdag, 9 Augustus 2016,  sy 78ste verjaardag gevier.

Dit maak van die geliefde lid, die oudste  en mees gerespekteerde klublid.

Gert was “Ge-tie en ge-collar” vir die openingsaand van die klub se Kleinbaai Interprovinsiale Bodemvis Kompetisie.

Dit is die vyfde keer dat die klub die gesogte kompetisie aanbied.

Oom Gert is ‘n gesoute skiboot hengelaar.  Hy het reeds in 1976 in Krugersdorp sy Transvaalkleure verwerf toe hy verbonde was aan die Wahoo Skiboot Klub.

In 1992 verwerf hy sy SA diepseehengel kleure (SADSAA) en in 1998 verruil hy en sy vrou Miempie, Gauteng vir die Overstrand en kom vestig hulle permanent in Gansbaai.

Oom Gert wat al 18 jaar lid is van die klub, het ook vyf jaar as voorsitter gedien.

Hy geniet steeds sy hengeluitstappies en is ook baie bedrywig as klubbestuurder.

Miempie vertel dat hy maar sy visse kan huis toe bring.  Sy maak dit net nie skoon nie, maar is ‘n bedrewe viskoekiebakster.

Miempie is ook ‘n ywerige VLV-lid in die dorp.

Oudste lid steeds aktief op land en see

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles