Maak 'n Kinderhart Bly

 “As die gordyn oopgaan en ‘n saal vol gesiggies straal hier voor jou – dit is wat al die maande se oefen die moeite werk maak.”

Die 2016-Melodramagroep is reeds van 16 Mei af hard aan die oefen vir vanjaar se vertoning wat in Oktober plaasvind. Soos elke ander jaar, word die eerste vertoning aan minder bevoorregte kinders in ons omgewing gewy.  Die Melodrama-groep doen ‘n versoek op die publiek om ‘n kind vir daardie aand te borg teen R60, wat die vertoning en ‘n burgerete insluit.  Skakel Juanita Hage by 071 254 9396 of Heidi Visser by 082 415 5517 vir meer besonderhede. 

Die groep wat twee keer per week by die Pretoriussaal oefen is heel voor:  Toni Boshoff, eerste ry van links:  Deon Kilian, Roxanne Moore, Heidi Visser, Adri Nigrini, Juanita van Zyl, Maud Mostert, Yolanda Brand, Rosa Rabé, Koos Holtzhausen, Gericke van Eck en Verschelle Adams.  Agter: André en Juanita Hage, Na-Zain Anta, Karin van der Westhuizen, Rianco Holtzhausen en Corrie Avenant.  Afwesig: Patricia Zhalia, JP Rossouw en Jonathan Doyle.

Gansbaai_Courant