My tye is in U hand, HERE!

My tye is in U hand, HERE!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Maar ek vertrou op U, HERE, ek sê: U is my GOD. My tye is in U hand. Red my uit die hande van my vyande en vervolgers! (Ps. 31:14,15)

Het dit al ooit met jou gebeur dat jy op ’n plek kom en daar loop jy jou vas in  ’n vriend uit jou verlede? Toevallig? Ek ry nou die aand gou by Leon aan om te hoor hoe dit met sy vrou gaan wat haar heup gebreek het vroeër die dag. Op daardie oomblik het hy iemand nodig gehad om hom gou dorp toe te neem om sy motor te gaan haal. Ek kon hom daarmee help. Toevallig? Jy kom by die winkel uitgestap met ’n brood in jou hand en voor jou loop ’n kind wat verwaarloos en honger lyk. Is dit ook toevallig? So gebeur dit telkens dat iets net mooi op die regte tyd uitwerk, nè! Dis nie toevallig nie!

Lees weer hierdie twee verse hierbo uit Psalm 31. Vir elkeen wat op die HERE GOD vertrou is daar ’n duidelike boodskap: “My tye is in U hand!” Niks gebeur toevallig in jou lewe nie.  Iemand het eenkeer gesê dat “toevallig” staan vir: Toe val (GOD) se lig daarop! Al lyk dit nie vir jou so nie, die waarheid is:  GOD is altyd in beheer van jou lewe – veral in die moeilike tye. (Die Boodskap vertaal Psalm 31:15 só: “U beheer my lewe van begin tot end.”) Wanneer alles om jou donker lyk is dit GOD se lig wat daarop val en jou weer nuwe hoop en perspektief  gee. Die moeilikheid is dat ons só vasgevang word deur ons probleme dat ons nie tyd maak om vir GOD se Gees ’n kans te gee om ons verstand te verlig nie. GOD se antwoorde lê gereed vir ons om raak te sien. Daarom is dit nodig dat ons eers weer na Hom toe terugdraai en wag dat Hy, op Sy tyd, ons verlig. Elke keer wanneer jy in ’n moeilike situasie verkeer, maak tyd om weg te kyk van die probleem en wag totdat jy sien hoe GOD se lig daarop val. Dit gaan werk – nie toevallig nie, maar omdat GOD ons graag wil help.

Op hierdie oomblik worstel ek met ’n saak wat ek nog nie vir die HERE gevra het om Sy lig daarop te laat val nie – en ek verwag daar moet ’n verandering kom! Dis nie toevallig dat ek ook hierdie teksvers lees nie. GOD is besig om my ook te verlig en te wys hoe op te tree. Toevallig? Nee beslis nie. Raak gerus maar bewus daarvan dat niks in jou lewe toevallig gebeur nie. Mense wat jou pad kruis, is nie toevallig nie. GOD gebruik elke tyd en situasie om Sy groter plan te laat uitwerk.

Ja HERE, my tye is in U hand.

My tye is in U hand, HERE!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Thank you for this lovely five-star review Debbie, it was great hosting you guys!

A Conversation With AI

A Conversation With AI

AI can access and synthesize a much broader range of information than any one person typically can, and very quickly, but that doesn't mean AI is more knowledgeable overall than every person. 

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
See All Articles