Rusty lewer vier WP-sterre op

Die boot Rusty van Gustav Groenewald (heel regs) verdien beslis ook nou WP-kleure nadat sy hele span in WP-blou spog. Drie van die vier hengelaars is boonop familie.

Links staan Gustav se kleinseun, Werner van Zyl (14) wat al visvang vandat hy ses jaar oud is.  Dit is die tweede jaar dat hy WP kleure verwerf. Hy is ook kaptein van die WP-juniorspan. Amanda van Staden, Gustav se dogter vang al bykans tien jaar vis en dit is ook háár tweede WP-jaar.  Sy is kaptein van die WP-damespan. 

Chris Fourie is Dinsdagaand, 9 Augustus seremonieel gecap as WP-Hengelaar en Gustav spog met sy WP-skipper kleure.

Die boot Rusty van Gustav Groenewald (heel regs) verdien beslis ook nou WP-kleure nadat sy hele span in WP-blou spog. Drie van die vier hengelaars is boonop familie. Links staan Gustav se kleinseun, Werner van Zyl (14) wat al visvang vandat hy ses jaar oud is.  Dit is die tweede jaar dat hy WP kleure verwerf. Hy is ook kaptein van die WP-juniorspan. Amanda van Staden, Gustav se dogter vang al bykans tien jaar vis en dit is ook háár tweede WP-jaar.  Sy is kaptein van die WP-damespan.  Chris Fourie is Dinsdagaand, 9 Augustus seremonieel gecap as WP-Hengelaar en Gustav spog met sy WP-skipper kleure.