Botrivier se sluise toegedraai

Botrivier se sluise toegedraai

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

In uitstekende rugbytoestande was die span van Gansbaai, Black Leaves, goed genoeg daarin om Botrivier met 24-21 te klop.

Met nog vier liga-wedstryde oor vir alle spanne, word alle faktore nou in ag geneem bv. puntestand, uitspeelwedstryde en skeidsregters met Rangers van Bredasdorp wat nou aan die beurt kom.  Daar ander kant moet Black Leaves die herhaling van die eerste ontmoeting vroeër vanjaar voortsit om sodoende dan nog plus minus 4 punte by sy totaal van 38 te voeg. ‘n Skaflike totaal van 42 sover oorskadu die span se vorige rekords die afgelope vier jaar met nog wedstryde oor.

Veral Botrivier, een van die voorste spanne, was ‘n weerspieëling van wat die Baai volgende wil vermag. Alhoewel dit soms broekskeur oorwinnings is, behou die span  momentum wat belangrik is. ‘n Wipplankryery dwarsdeur die spel het alles uit die manne gehaal. 

Die Baai het beter vertoon in die skrums as teen Hawston en rotsvaste verdediging deur Quwin en Alvino  met Colin vooraan het die spel stadig gemaak vir Botrivier.

Nog nie die dominerende pak nie, maar Gollie kan vertroue skep uit sy troepe. Agterlangs was die tafel bedoel vir lekker hardloopspel aan albei kante en ses drieë is gedruk vir die dag.

Met Divvy wat geel gesien het, kon Botrivier nie hond haar af maak nie en met sy terugkeer het Divvy toe eers die sout in die wonde kom vryf. Gogga het spoed gewys.  Verder was Hickley, Allan, Melly en Elrich die bestendigheid self.

Met die deurslaggewende spel wat teen Botrivier gelewer is, moet die A-“team” Rangers Saterdag gaan stuit en druk sal soveel minder wees vir die hele span (22-tal).

Die son sak toe weer vroeg vir Black Leaves se Tweede en Derde spanne.

Die A-span se puntemakers was – drieë:  Gogga, Divvy en Colin; doelskoppe: Divvy (3) en strafskoppe:  Divvy (1).

So sê Bra”G”

Botrivier se sluise toegedraai

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Thank you for this lovely five-star review Debbie, it was great hosting you guys!

A Conversation With AI

A Conversation With AI

AI can access and synthesize a much broader range of information than any one person typically can, and very quickly, but that doesn't mean AI is more knowledgeable overall than every person. 

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
See All Articles