Franskralers ruim hul strande op

Franskralers ruim hul strande op

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

En so op Vrouedag het daar toe 'n hele paar vrywilligers opgedaag om saam met die bestuur van die Franskralers se belastingbetalers- en inwonersvereniging die wêreld ‘n beter plek te maak.

Gewapen met handskoene, braaitange en swartsakke, het hulle gedoen soos  wat Nelson Mandela gevra het.

Die weer was perfek en dit was sommer 'n gesellige, saamkuier en skoonmaaksessie. So al geselsende het hulle mekaar gehelp om sommer die rommel en die herwinningsgoed te skei en die knapie in die span te vertel dat bolle vislyn die oorsaak is dat seevoëls verstrengel raak en nie meer kan vlieg nie.

Dit was sy missie om seker te maak g’n stukkie vislyn lê tussen onse rotse nie.

Die enigste groot ontsteltenis, veral tussen Rooikransies en Blousloep was die hope leë, perlemoenskulpe, meeste nog sommer piepklein babatjies.

Stroperskulphope, soos dié van ons kontrei se oerbewoners, is ons voorland.

Die twee spanne het mekaar by Blousloep ontmoet, waar die sakke rommel in die vullishouers gelaat is, sodat die munisipaliteit dit die volgende dag kon verwyder, soos vooraf gereël.

ʼn Baie groot en opregte dankie aan almal wat ons so gewillig kom help het, asook aan die borg wat vir die bestuurslede waterbottels en pette besorg het.

Almal was dit eens dat dit ʼn baie geslaagde aksie was.

Op die Wie maak vir Gansbaai lekker? Facebook-blad was die reaksie ook baie positief en die Belastingbetalers– en inwonersvereniging gaan beslis weer so maak, want dit was werklik groot pret om oom Nelson se woorde in dade om te sit.

Franskralers ruim hul strande op

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles