Leerders van Gansbaai Academia se Gasvryheidstudies het 2016 op ‘n hoë noot afgesluit.
Die groep het hul finale gasvryheid praktiese eksamens op 2 en 4 Augustus tydens ‘n prestige geleentheid voltooi.
Die leerders het die eksamens met absolute professionaliteit afgelê, met afronding en presisie in die uitvoering van hul take, hetsy as sjef of as kelner.
‘n Professionele sjef van Gansbaai, Talia Loyed, is bedank vir haar getroue bystand gedurende die afgelope vyf jaar met die assessering van die Graad 12’s. Ander bekwame assessors was Rialet Groenewald, Anneri Harding-Male en Carol Gillion, kurrikulum vakadviseer in gasvryheid in Overbergdistrik. Die gasvryheidonderwyser, Hanet van Deventer, het haar uiters goed van haar taak gekwyt.