Black Leaves val vas teen Rangers

Black Leaves val vas teen Rangers

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Met goeie aanvallende spel en twee vinnige drieë deur Rangers van Bredasdorp, het dit die Gansbaaiers so ‘n bietjie laat vashaak.

Alhoewel Rangers die Black Leaves met 36-28 geklop het, het die Baai weliswaar baie naby aan hul doel gekom.

Vier verdoelde drieë het darem ‘n bonuspunt aan die manne besorg.  ‘n Bietjie swak oordeel hier en daar het ook bygedra dat die Baai nooit op die voorvoet kan kom nie en dit het Rangers behoorlik uitgebuit.  Met Black Leaves se gebiedsvoordeel het Rangers foute afgedwing en die Baai gestraf daarvoor.

Black Leaves se kaptein, William Swart (Gollie) het anders besluit en begin drieë druk (2), Clayton Niemand (1) en Brenton-Lee Dickson (1), maar daar het dit opgehou.

Black Leaves trap ‘n bietjie klei in die skrums, andersins hak die manne die wind uit jou seile uit.

Met Black Leaves se goeie gekombineerde agterlyn kan jy die manne in enige posisie inspan.

Vir Rangers van Bredasdorp was hierdie wen van kardinale belang, want dit het hulle uit die rooi gelig.  Minimum punte uit die orige drie wedstryde behoort die Baai te laat oorleef in die kompetisie, maar daar moet nog steeds hoë intensiteit gehandhaaf word.

Die uwe dink die blare kan  eerskomende Saterdag, 20 Augustus in ‘n tuiswedstryd, suis in Atlantis van Hermanus se ore, want daar is ‘n appeltjie te skil met hulle op die veld.

Gaan kyk gerus na hierdie wedstryd.

Black Leaves se B-span probeer ook weer moedig, maar moes maar weer tevrede wees om met 3-16 te verloor danksy ‘n strafskop deur Steward Jacobs.

Black Leaves se C-span het die dag ook lekker afgeskop en behaal ‘n punt uit die wedstryd met ‘n 7-13 verloor.

David Vaaltyn (1 drie) en Koert – 1 doelskop.  Greg moet net meer vaart en agressie by sy gewig sit dan kan daar meer drieë kom.  Boeta Wessels (Oubol) het met elke bal tot sy beskikking die Rangers vreesloos aangevat en was goed onder die hoë afskopballe.

Kom manne en doen die regte ding Saterdag.

So sê BRA”G”

Black Leaves val vas teen Rangers

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Thank you for this lovely five-star review Debbie, it was great hosting you guys!

A Conversation With AI

A Conversation With AI

AI can access and synthesize a much broader range of information than any one person typically can, and very quickly, but that doesn't mean AI is more knowledgeable overall than every person. 

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
See All Articles