Nóg ‘n Hardebaard

Nóg ‘n Hardebaard

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Op 9 September 2005 het ons oor Pieter (Mannie) Groenewald (skipper van Reintjies) berig en hom gevra  hoe lank hy al vis vang en het hy vir ‘n oomblik  gehuiwer en toe geantwoord: “Van ek kan onthou”. Ons herhaal weer wat ons daardie tyd oor hierdie Hardebaard geskryf het.

Daardie tyd al hoef jy nie verder te soek om ‘n Hardebaard te vind nie. Daardie artikel word woord vir woord herhaal.

Vanaf sestienjarige ouderdom werk hy al op die vistreilers en is tans skipper van Merlene.

Hy het ‘n paar interessante stellings gemaak, bv. wanneer jy tjokka vang is die suksesvolle “jig” wat jy gebruik die een wat se kleur oreenstem met die kleur van die vis (of die kleur van ‘n ander mannetjie, volgens iemand anders) wat die tjokka se eiers bedreig. Ons vang hulle mos hier wanneer hulle kom broei. Pieter sê geelbek sal sy eiers in die bamboes lê, maar wei op die moddergronde, daarom vind jy hulle op verskeie tereinne. Op Reintjies vang al die manne saam en nie elkeen vir homself nie. Die vis word gepoel en elkeen is geregtig op gelyke hoeveelhede. Indien twee bote saam begin lok gooi, kan hulle maar langs mekaar lê, maar indien die een reeds begin lok maak, hou liewer jou distansie. Hy is nog een van die manne hier wat glo dat jy die dollie met rukkerige bewegings moet inbring. ‘n Lepel word egter met egalige stroke hanteer. ‘n Sardyn sal hy ook nooit volledig aansit nie, maar die stert ‘n stukkie van afsny. Een lyn vir geelbek vang, twee vir kabeljou is aanvaarbaar sê  hy. Vir silwervis in diep water, ‘n sinker van agt ons, en as die lyn swaar word, trek maar op  --  hy’s aan!

En nou, iets wat ek lankal al oor wou berig  --  die vang van geelstert. Pieter en sy manne is die eksperte: lees bietjie hoe maak hulle op Reintjies. In Juniemaand, sê Pieter, het hulle al heelwat geelstert gevang, hoewel die somermaande meer ideaal is. Sterretjies wat duik dui gewoonlik ‘n skool geelstert aan. Hy maak egter ook staat op sy visvinder en het verder ‘n paar landmerke wat hy gebruik om sy posisie te bepaal. Hy meen dat die visse op vlak plekke wei en dis ook hier waar vir hulle “getrawl” word. In dieper water word hulle met ‘n loodlyn gevang.

Vir geelstert word ‘n nr. 10-hoekie aan ‘n dunner lyn as wat gewoonlik vir geelbek gebruik word geheg.

Na die hoek volg die “skirt” en dan ‘n glysinker. Die armlengte lyn kry dan ‘n “swivel” en daaraan word die res van die lyn vasgemaak. Nou is jy reg vir “trawl”. Bly aan met sirkel. Die hoek word gelaai met ‘n stukkie seekat of tjokka. Fyn lokaas moet gereeld gebruik word  en  beslis nie stukke nie.

Verder sê Pieter, moet jy seker maak waar knope is. Geen punte moet uitstaan nie. Dit veroorsaak borrels wat vermy moet word. Begin met 9 faam en wanneer die vis naderkom, verkort die lyn. Trek die lyn en gee dan weer skiet. Wanneer die vis op die loodlyn gevang word is dit ‘n goeie idee om die glysinker bo die “swivel” te gebruik  --  dan kan die lyn gebruik word as die vis opkom. Trap die sinker sommer met die voet vas! Ons kan nog baie by dié man leer.  Dankie, Pieter.

Seemeeu

Nóg ‘n Hardebaard

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Thank you for this lovely five-star review Debbie, it was great hosting you guys!

A Conversation With AI

A Conversation With AI

AI can access and synthesize a much broader range of information than any one person typically can, and very quickly, but that doesn't mean AI is more knowledgeable overall than every person. 

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
See All Articles