Nóg ‘n Hardebaard

Nóg ‘n Hardebaard

Gansbaai Courant

Op 9 September 2005 het ons oor Pieter (Mannie) Groenewald (skipper van Reintjies) berig en hom gevra  hoe lank hy al vis vang en het hy vir ‘n oomblik  gehuiwer en toe geantwoord: “Van ek kan onthou”. Ons herhaal weer wat ons daardie tyd oor hierdie Hardebaard geskryf het.

Daardie tyd al hoef jy nie verder te soek om ‘n Hardebaard te vind nie. Daardie artikel word woord vir woord herhaal.

Vanaf sestienjarige ouderdom werk hy al op die vistreilers en is tans skipper van Merlene.

Hy het ‘n paar interessante stellings gemaak, bv. wanneer jy tjokka vang is die suksesvolle “jig” wat jy gebruik die een wat se kleur oreenstem met die kleur van die vis (of die kleur van ‘n ander mannetjie, volgens iemand anders) wat die tjokka se eiers bedreig. Ons vang hulle mos hier wanneer hulle kom broei. Pieter sê geelbek sal sy eiers in die bamboes lê, maar wei op die moddergronde, daarom vind jy hulle op verskeie tereinne. Op Reintjies vang al die manne saam en nie elkeen vir homself nie. Die vis word gepoel en elkeen is geregtig op gelyke hoeveelhede. Indien twee bote saam begin lok gooi, kan hulle maar langs mekaar lê, maar indien die een reeds begin lok maak, hou liewer jou distansie. Hy is nog een van die manne hier wat glo dat jy die dollie met rukkerige bewegings moet inbring. ‘n Lepel word egter met egalige stroke hanteer. ‘n Sardyn sal hy ook nooit volledig aansit nie, maar die stert ‘n stukkie van afsny. Een lyn vir geelbek vang, twee vir kabeljou is aanvaarbaar sê  hy. Vir silwervis in diep water, ‘n sinker van agt ons, en as die lyn swaar word, trek maar op  --  hy’s aan!

En nou, iets wat ek lankal al oor wou berig  --  die vang van geelstert. Pieter en sy manne is die eksperte: lees bietjie hoe maak hulle op Reintjies. In Juniemaand, sê Pieter, het hulle al heelwat geelstert gevang, hoewel die somermaande meer ideaal is. Sterretjies wat duik dui gewoonlik ‘n skool geelstert aan. Hy maak egter ook staat op sy visvinder en het verder ‘n paar landmerke wat hy gebruik om sy posisie te bepaal. Hy meen dat die visse op vlak plekke wei en dis ook hier waar vir hulle “getrawl” word. In dieper water word hulle met ‘n loodlyn gevang.

Vir geelstert word ‘n nr. 10-hoekie aan ‘n dunner lyn as wat gewoonlik vir geelbek gebruik word geheg.

Na die hoek volg die “skirt” en dan ‘n glysinker. Die armlengte lyn kry dan ‘n “swivel” en daaraan word die res van die lyn vasgemaak. Nou is jy reg vir “trawl”. Bly aan met sirkel. Die hoek word gelaai met ‘n stukkie seekat of tjokka. Fyn lokaas moet gereeld gebruik word  en  beslis nie stukke nie.

Verder sê Pieter, moet jy seker maak waar knope is. Geen punte moet uitstaan nie. Dit veroorsaak borrels wat vermy moet word. Begin met 9 faam en wanneer die vis naderkom, verkort die lyn. Trek die lyn en gee dan weer skiet. Wanneer die vis op die loodlyn gevang word is dit ‘n goeie idee om die glysinker bo die “swivel” te gebruik  --  dan kan die lyn gebruik word as die vis opkom. Trap die sinker sommer met die voet vas! Ons kan nog baie by dié man leer.  Dankie, Pieter.

Seemeeu

Nóg ‘n Hardebaard

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles