Wereldtoernooi vir Klein Johan

Wereldtoernooi vir Klein Johan

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Wêreld Stoeikampioenskappe wat vanjaar in Georgia aangebied word, wag  vir Johan Hulme (16), ‘n jong kadetstoeier van Worcester.

Die toernooi vind  vanaf 10 tot 20 September vanjaar in Tbilisi, hoofstad van Georgia plaas, met Georgia wat as gasheerland optree.

Johan is die kleinseun van ‘n trotse Johan en Elcine Hulme, bekende en jarelange inwoners van Franskraal.

“Johan het as ‘n graad 3 leerder begin stoei, maar was so klein gebou dat ons nie veel hoop vir hom gehad het nie,” vertel Elcine, “maar aan die einde van daardie jaar het hy sommer drie bekers ingepalm, waarvan die een vir die Beste Opkomende Kadetstoeier was.”

Johan is tans ‘n Graad 11 leerder aan Drosdy Hoërskool in Worcester.

Hy het aanvanklik by Brackenfell Stoeiklub aangesluit, maar is sowat vier jaar gelede na Drosdy Stoeiklub, waar sy afrigter Kurt Herzog is.

Daar het hy as ‘n mannetjie van o/42kg begin, maar stoei vandag in die o/69kg gewigsklas.

Gedurende April vanjaar het Johan ‘n derde plek tydens die Suid-Afrikaanse Proewe verower en is vir die Afrika Kontinentale Kadet Kampioenskappe gekeur.

Vanaf 13 tot 27 Julie vanjaar is hy saam met nog stoeiers en sy afrigter Kurt Herzog na Algiers, hoofstad van Algerië.

Daar het Johan derde geëindig en ‘n bronsmedalje ontvang. Volgens sy afrigter het hy ‘n silwermedalje net-net gemis.

Die drie stoei-kategorië is Vrystyl, Grieks/Romeinse en Dames. Johan stoei in die Grieks/Romeinse kategorie.

Drie stoeiers is uit elk van die drie kategorië gekies om in Algerië agter te bly vir ‘n oefenkamp. Sy afrigter het hom deurentyd tydens  die Olimpiese Solidariteit Oefenkamp bygestaan.  Johan het waardevolle ondervinding opgedoen. 

Nou wag die Wêreld-kampioenskappe op hom en sy ouers en sy Franskraal-grootouers hou al hulle duime styf was.

Wereldtoernooi vir Klein Johan

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles