Gesoute wynmakers kuier saam

Gesoute wynmakers kuier saam

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vroeër jare is Pinotage afgemaak met geen bestaansreg in die wynbedryf nie as gevolg van ‘n bitterheid in die smaak.

Danie Steytler van Kaapzight Landgoed was die aanbieder tydens Gansbaai Wynproegilde se byeenkoms in Julia Barlow se Lighthouse Tavern naby Danger Point. Hy is deur sy eggenote, Yngvild (bemarker) bygestaan.

Danie was deel van ‘n span wat met ‘n minder bitter Pinotage bewys het dat Pinotage ‘n spogwyn is en hy het dit gemaak wat dit vandag is.

In 2006 is Danie se Pinotage as Kampioenwyn aangewys, wat negatiewe Pinotagemonde gesnoer het en vandag word sowat 85% van sy Pinotage uitgevoer.

Altus le Roux, ‘n bekende in die wynbedryf en ‘n goeie vriend van wyle Helmie de Vries (stigter van Gansbaai Wynproegilde), se opmerking was dat Danie sy Pinotage byna vervolmaak het.

Die familieplaas is in 1946 gekoop en Danie en sy jonger broer, George, is die derde generasie eienaars van Kaapzight Landgoed.

Kaapzight se uitstekende wyne wat te proe aangebied is, met jaartal en lede se evaluering in hakkies, is: Pinotage Rose (2016 - verwelkomingswyn); Chenin Blanc (2016 - sterk silwer); Sauvignon Blanc (2015 - sterk goud); Kaleidoscope White (2016 - sterk silwer); Estate Red, Shiraz/Cabernet Sauvignon (2012 – sterk silwer); Bin 3, Merlot/Cabernet Sauvignon (2013 - sterk goud); Pinotage (2013 - vol goud). Julia en haar sjef vir die afgelope elf jaar, Joyce Hdlazi, het vir ‘n uitskenede spyskaart gesorg, met Monique Hartman wat flink as kelnerin opgetree het. Danie het ‘n uitstekende kortingsaanbod aan die gaste gebied wat goed benut is.

Gesoute wynmakers kuier saam

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Thank you for this lovely five-star review Debbie, it was great hosting you guys!

A Conversation With AI

A Conversation With AI

AI can access and synthesize a much broader range of information than any one person typically can, and very quickly, but that doesn't mean AI is more knowledgeable overall than every person. 

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
See All Articles