Mnr Kat Myburgh, Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit het na die onlangse wyksverkiesings ‘n duidelike boodskap aan die nuutverkose span oorgedra en dit is om die gemeenskappe in hul onderskeie areas met verantwoordelikheid, insig, harde werk en pligsgetrouheid te dien.
Tien instansies, met hul onderskeie verteenwoordigers, is vir Wyke 1, 2 en 11 direk na afloop van die verkiesings aangekondig.
Hierdie wykskomiteelede sal vir die volgende termyn van vyf jaar die belange van hul onderskeie areas se gemeenskapslede op die hart dra.
Gemeenskapslede kan hulle wyksverteenwoordigers vir enige ontevredenheid, asook positiewe gebeure, kontak wat dan tydens Wykskomiteevergaderings bespreek kan word.
Die verkiesings in al drie wyke is goed ondersteun, wat ‘n bewys is van die erns waarmee hierdie verteenwoordiging tydens raadsvergaderings bejeën word. Daar wag nou harde werk op die verteenwoordigers.
Hiermee die onderskeie uitslae:
WYK 1:
Die ANC raadslid vir Wyk 1 is Rdl Bennette Msweli en die areas is Franskraal, Klipfonteyn 1 en Masakhane. Die tien verkose instansies met hul onderskeie verteenwoordigers, is: CATA - Z Mosopi; Franskraal Belastingbetalersvereninging - Theuns Roodman; Franskraal Buurtwag - Kobus van Staden; Franskraal Rolbalklub - Archibald Chambers; Masakhane Business Forum - Penny Tyekana; Masakhane Council of Churches - Desmond Jim; Masakhane Youth Organization - M Siyabonga; Residents Organisation - W Skamen; Street Committee Association - F Mzingeli; Traditional Leaders - CN Lungelo.
WYK 2:
Die DA raadslid vir Wyk 2 is Rdl Riana de Coning en die areas is Blompark, Danger Point, De Kelders, Gansbaai, Kleinbaai, Klipfonteyn 2 en Perlemoenbaai.
Die tien verkose instansies met hul onderskeie verteenwoordigers, is: De Kelders en Perlemoenbaai Belastingbetalersvereniging - Rodney du Plessis; Gansbaai Belastingbetalersvereniging - Nico Naude; Gansbaai Day Care for Children – Norman Sauls; Gansbaai Gemeenskapspolisië-ringsforum - Lucile Mangiagalli; Gansbaai Mariene Bemagtigingstrust - Manie van Dyk; Gansbaai Sakekamer - Julia Barlow; Gansbaai Toerisme - Glenda Kitley; Kleinbaai Belastingbetalersvereniging - Johan Wiese; Kleinbaai See en Tee Kring – Francia van Dyk; Overberg Lynvis Vereniging - Ockie Viljoen.
WYK 11:
Die DA raadslid vir Wyk 11 is Rdl Dudley Coetzee, wat ook as Overstrandse Onderburgemeester dien en die areas is Baardskeerdersbos, Buffeljachts, Pearly Beach, Stanford, Viljoenshof en Withoogte. Die tien verkose instansies met hul verteenwoordigers, is: Baardskeerdersbos Huiseienaarsvereniging - Helena Swart; Blomtuin en Ou Skema (Stanford) – J Mars; Buffeljachts Gesondheid en Welsyn - Henry Deyers; Eluxolweni en Pearly Beach – Simon Martins; Pearly Beach Belastingbetalersvereniging - Vivienne Burton-Moore; Stanford Conservation Trust - Bea Whittaker; Stanford Landbougebied – Lochner Bester; Stanford Belastingbetalersvereniging - Marian Ferris; Strandveld Landbougebied - Johan van Dyk; Thembelihle Community (Stanford) - Masixole Sasha.