Olimpiese kampioen vir Jesus! (1)

Olimpiese kampioen vir Jesus! (1)

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“ 'n Atleet wat aan 'n wedstryd deelneem, kan die prys wen slegs as hy volgens die reëls meeding.” (2Tim.  2:5)

Elke vierde jaar word die Olimpiese Spele gehou en dan kyk baie van ons hoe die wêreld se bestes teen mekaar meeding. Dit is darem baie lekker as een van ons atlete soos Wayde van Niekerk, nie net die 400 meter wen nie, maar ook  ’n wêreldrekord opstel. Die Olimpiese Spele laat my wonder of ons ook in die Geloof ’n Olimpiese Spele het.

Die merkwaardige atlete verstom ons almal met hulle dissipline, deursettingsvermoë  en doelgerigtheid – en ons as atlete vir Jesus moet sekerlik ook hierdie eienskappe toon as ons die wedloop van die lewe hardloop.  Wanneer Paulus na ’n atleet verwys dan bedoel hy letterlik: “om ’n  kampioen te wees” – iemand wat sy opponente verslaan het.

 In ons wedloop op pad wenpaal toe moet ons ook alle teenstanders en opposisie verslaan om die hemelse prys te wen. Baie van ons dink hierdie wedloop is sommer kinderspeletjies, maar ons sal gou agterkom dat daar baie meer van ons gevra word as om net ’n Bybelvers te ken en terug te sit en na ’n godsdiensprogram op die televisie te kyk. 

(In die volgende paar weke gaan ons na ’n paar feite kyk wat ons as atlete vir Jesus moet weet en in ons lewe toepas.)

Feit #1Die wedloop vir Jesus vra van ons doelgerigte inspanning – Lukas 13:24:  “Jesus sê vir hulle: “Span al julle kragte in om by die smal deur in te gaan. Baie, verseker Ek julle, sal probeer om in te gaan, maar sal dit nie regkry nie."

As kampioene moet ons alles moontlik insit om hierdie wedloop met sukses te voltooi.  Niks mag vir ons na ’n te groot opoffering lyk of daarvoor terugdeins nie. Soos ’n atleet elke oggend vroeg opstaan en gaan oefen, al is die weer sleg en al voel hyself nie lus nie, net so moet ons as Christene vroeg of laat, tydig of ontydig,  ons oefen in die lees van GOD se Woord en daaroor dink en praat.

Hou op om te dink Christenskap is maklik en jy kan maar bietjie verslap. Jesus waarsku nie verniet dat die deur smal is en baie mense sal probeer, maar dit nie regkry nie. Span jouself in, staan vroeg op, lees jou Bybel oor en oor. Maak tyd om te bid en vra GOD om jou fikser en fikser te maak in die geloofstryd.  Ons moet stry om beter en sterker te word. Om lief te hê waar ander haat, om te help waar baie weier, om te vertrou waar ander wantrou, waarheid liefhê bo die leuen, vryheid bo verslawing, vreugde ten spyte van hartseer en om die Lewe te kry bo die dood.

Jesus het reeds die oorwinning behaal – en Hy bied dit aan elkeen wat Hom wil volg. Maar om ’n kampioen te wees moet jy dit wil hê en daarvoor stry met jou hele lewe.

(Vervolg volgende week)

Olimpiese kampioen vir Jesus! (1)

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles