Olimpiese kampioen vir Jesus! (1)

Olimpiese kampioen vir Jesus! (1)

Gansbaai Courant

“ 'n Atleet wat aan 'n wedstryd deelneem, kan die prys wen slegs as hy volgens die reëls meeding.” (2Tim.  2:5)

Elke vierde jaar word die Olimpiese Spele gehou en dan kyk baie van ons hoe die wêreld se bestes teen mekaar meeding. Dit is darem baie lekker as een van ons atlete soos Wayde van Niekerk, nie net die 400 meter wen nie, maar ook  ’n wêreldrekord opstel. Die Olimpiese Spele laat my wonder of ons ook in die Geloof ’n Olimpiese Spele het.

Die merkwaardige atlete verstom ons almal met hulle dissipline, deursettingsvermoë  en doelgerigtheid – en ons as atlete vir Jesus moet sekerlik ook hierdie eienskappe toon as ons die wedloop van die lewe hardloop.  Wanneer Paulus na ’n atleet verwys dan bedoel hy letterlik: “om ’n  kampioen te wees” – iemand wat sy opponente verslaan het.

 In ons wedloop op pad wenpaal toe moet ons ook alle teenstanders en opposisie verslaan om die hemelse prys te wen. Baie van ons dink hierdie wedloop is sommer kinderspeletjies, maar ons sal gou agterkom dat daar baie meer van ons gevra word as om net ’n Bybelvers te ken en terug te sit en na ’n godsdiensprogram op die televisie te kyk. 

(In die volgende paar weke gaan ons na ’n paar feite kyk wat ons as atlete vir Jesus moet weet en in ons lewe toepas.)

Feit #1Die wedloop vir Jesus vra van ons doelgerigte inspanning – Lukas 13:24:  “Jesus sê vir hulle: “Span al julle kragte in om by die smal deur in te gaan. Baie, verseker Ek julle, sal probeer om in te gaan, maar sal dit nie regkry nie."

As kampioene moet ons alles moontlik insit om hierdie wedloop met sukses te voltooi.  Niks mag vir ons na ’n te groot opoffering lyk of daarvoor terugdeins nie. Soos ’n atleet elke oggend vroeg opstaan en gaan oefen, al is die weer sleg en al voel hyself nie lus nie, net so moet ons as Christene vroeg of laat, tydig of ontydig,  ons oefen in die lees van GOD se Woord en daaroor dink en praat.

Hou op om te dink Christenskap is maklik en jy kan maar bietjie verslap. Jesus waarsku nie verniet dat die deur smal is en baie mense sal probeer, maar dit nie regkry nie. Span jouself in, staan vroeg op, lees jou Bybel oor en oor. Maak tyd om te bid en vra GOD om jou fikser en fikser te maak in die geloofstryd.  Ons moet stry om beter en sterker te word. Om lief te hê waar ander haat, om te help waar baie weier, om te vertrou waar ander wantrou, waarheid liefhê bo die leuen, vryheid bo verslawing, vreugde ten spyte van hartseer en om die Lewe te kry bo die dood.

Jesus het reeds die oorwinning behaal – en Hy bied dit aan elkeen wat Hom wil volg. Maar om ’n kampioen te wees moet jy dit wil hê en daarvoor stry met jou hele lewe.

(Vervolg volgende week)

Olimpiese kampioen vir Jesus! (1)

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles