Ovies opgewonde oor Interskole

Verlede week was dit behoorlik rep en roer by Hoërskool Overberg in Caledon tydens hulle “Funky”-week. Die doel van al die bedrywighede was om gees op te bou vir die Interskole-leerders en die inisiatief was dié van die leerderraad.

Dinsdag het die matrieks kleredrag (tussen meisies en seuns) geruil, wat groot pret en humor afgegee het. Woensdag kon alle leerders aan die Mad Hatters deelneem. Donderdag het die leerders positiewe en negatiewe  (Good & Evil)  karakters uit animasiefilms voorgestel, met humoristiese gevolge.

Vrydag was dit die hoogtepunt van hulle voorbereiding vir die Interskole met hulle “Big Brag” dag  en  die  volgende  dag was dit Interskole-tyd vir die Ovies teen Hermanus.

Gansbaai_Ovies_opgewonde_oor_Interskole
Gansbaai_Courant