Die “soete” smaak van Goud was Laerskool Okkie Smuts in Stanford se Marimba-orkes se beloning tydens die onlangse Overberg Eisteddfod op 13 Augustus 2016.
Wat hulle eer nog groter maak, is dat die Eisteddfod by hul eie skool aangebied is. Op die foto verskyn Laerskool Okkie Smuts se goud-wenners vir hul Marimba-orkes, met voor vlnr Salmah Sydow, Sindisiwe Makhamba, Nahum Plaatjies en Kelsey Montagu. Agter vlnr is Sadé October, Nicole Dreyer, Imaan Sydaow, me. Felicity Beukes, Kia McKay, Jade Coetzee en Busiswa Mhlontlo.