‘n Fondsinsamelingsprojek deur die Graad 7’s van Laerskool Okkie Smuts in Stanford het nie net geld geïn nie, maar ook vir opwinding met goeie pryse gesorg.
Die projek is aangepak om fondse in te samel vir hul jaarlikse Graad 7 toer.
Die eerste prys, ‘n Smart Tab 3G en ‘n Universal tablettas is deur Helen Klein gewen.
Die tweede prys, ‘n haaiduikondervinding, is deur André Claassen gewen, met die derde prys, ‘n geskenkbewys van R250 by 'n plaaslike restaurant is deur ene Onele losgeslaan.