Die o/13 netbalspan van Gansbaai Primêr spog opgewonde met hul nuwe netbalklere, sweetpakke en sportsakke wat deur Premier Fishing geborg is.
Dit is die tweede opeenvolgende jaar wat die skool se sportspanne deur JP Coetzer en sy span by Premier Fishing met sportuitrustings geborg word, waarvoor die skool groot dankbaarheid het.
Die skoolhoof, mnr Tommy Volkwyn het sy opregte waardering vir hul volgehoue ondersteuning uitgespreek. “Borge soos hierdie is baie belangrik om ons kinders die beste te gee en terselfdertyd ‘n trots vir hulle skool te laat ontwikkel,” het hy gesê.