Dit is Vrydagaand spogtyd vir Gansbaai Primêr wanneer die skool hulle jaarlikse “Big Brag” hou voor die Interskole rugby en netbal byeenkoms komende Saterdag, 3 September. Vrydagaand se funksie word vanaf 18:30 in die skoolsaal aangebied.
Dan is dit tyd vir spog en die opbou van geesdrif voor die volgende dag se groot sportbyeenkoms. Die Interskole wedstryde word vanjaar by Blompark Sportgronde aangebied, met Laerskole WA Rossouw, Montagu en Gansbaai Primêr wat mekaar die stryd aansê.
Die wedstryde begin om 09:00 en toegangsgelde beloop R10 vir volwassenes en R5 vir kinders.