Overberg beleef heerlike weer

Overberg beleef heerlike weer

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Overberg Bootklub het die naweek die laaste Wesliga kompetisie aangebied in pragtige weerstoestande.

‘n Rekord aantal bote het  deelgeneem en ‘n totaal van 19 skippers het hulle bote en bemanning uitgeneem see toe.

Die dag het mooi begin en die see het stil vertoon van die kant af, maar op see was dit maar taamlik grondpad vir die hengelaars.

Die mis het ook ‘n groot rol gespeel en van die skippers moes in die mis wal toe wat net weer bewys dat ‘n GPS ‘n noodsaaklikheid en nie ‘n luukse is nie.

Hoewel die vangste deur die loop van die week swak was, het dinge Saterdag gedraai.

Die spesietal het tot agt geklim en daar het ‘n paar mooi vis aan wal gekom.

‘n Pragtige witsteenbras met ‘n massa van 8.58kg is deur Bryan Fitchat uitgetrek.

‘n Geelbek wat die skaal op 6.24kg getrek het, is deur Amanda van Staden kant toe gebring.

'n Rooisteenbras met ‘n massa van 4.3kg is deur M vd Westhuizen ingeweeg en C van der Merwe het ‘n mooi rooistompneus van 4.48kg aan die skaal gehang.  Slegs twee snoeke is vir die dag uitgetrek en die alom bekende silwervis, hottentot, gurnett en ‘n verdwaalde kabeljou het deel uitgemaak van die dag se vangs.

Overberg beleef heerlike weer

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Thank you for this lovely five-star review Debbie, it was great hosting you guys!

A Conversation With AI

A Conversation With AI

AI can access and synthesize a much broader range of information than any one person typically can, and very quickly, but that doesn't mean AI is more knowledgeable overall than every person. 

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
See All Articles