Fotograwe ontdek naby en nog nader

Fotograwe ontdek naby en nog nader

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Fotografieklub se lede was die ene ore (en vrae) tydens Robert Johnson se aanbieding van Makro- (Macro) - en naby (Close-up) foto’s.

Hy het ‘n insiggewende en prakties-georiënteerde aanbieding gelewer, waar elke lid die geleentheid ontvang het om sy inligting prakties toe te pas.

“Die verskil tussen ‘close-up’ en ‘macro’ foto’s is dat ‘close-up’s net naby-foto’s is, terwyl ‘macro’s’ baie klein en intensief is waar daar direk op die voorwerp ingezoem word,” het hy gesê. “Enige kamera, selfs ‘n mik-en-druk, kan vir ‘macro’ foto’s gebruik word.”

Robert het in 1994 ‘n strandhuis in Franskraal gekoop en woon sedert 2014 permanent daar.

Tot en met sy aftrede hier, was hy mede-eienaar van Join Photography.

Hy hanteer nog soms troues en fotosessies met modelle, maar andersins is hy rustig ná sy aftrede en geniet net sy kamera.

“Ek het tien jaar gelede by Tygerberg Fotografie Vereniging betrokke geraak, waar ek vir sewe jaar as voorsitter gedien het en dit is daar waar ek toegelaat het dat fotografie my heel ‘ingesluk’ het,” vertel hy.

Twee genres wat Robert se gunsteling-afdelings is, is Landskappe en “Table Top” stillewe fotografie.

Nog ‘n passie vir hom is om sinvolle AV’s (foto’s met klank wat ‘n storie vertel) te maak.

Robert is een van die eerste twaalf nasionaal gekwalifiseerde fotobeoordelaars en het reeds talle nasionale fotokompetisies beoordeel.

Hy is ook die houer van ’n LPSSA-toekenning (Lisensiaat in Fotografie).

Gansbaai Fotografieklub se byeenkomste vind op die eerste en derde Maandag van die maand om 18:30 by Groeneweide Kwekery plaas. Opleiding in Straatfotografie sal tydens die byeenkoms van 19 September 2016 verskaf word. Vir navrae kan Riaan Jacobs by 082-373-8270 gekontak word, of skakel vir Veronica du Plessis by 084-826-8781.

Webtuiste is www.gbpc.co.za.

Fotograwe ontdek naby en nog nader

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Thank you for this lovely five-star review Debbie, it was great hosting you guys!

A Conversation With AI

A Conversation With AI

AI can access and synthesize a much broader range of information than any one person typically can, and very quickly, but that doesn't mean AI is more knowledgeable overall than every person. 

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
See All Articles