Staci reik na die sterre

Staci Bester, ontvangsdame by Grootbos Natuurreservaat, het besluit om met haar danstalent na die sterre te reik. Sy verlaat Gansbaai om vanaf 13 September op een van die maatskappy, Viking Cruises se bote te gaan werk en ook om haar dansloopbaan daar voort te sit.

Lynette van Wyk van Gansbaai het ‘n groot rol as mentor in Staci se dansaktiwiteite gespeel. Lynette is ‘n voormalige professionele balletdanseres en was op haar tyd ‘n bekende in balletkringe, waar sy vele hoofrolle in hoogaangeskrewe balletuitvoerings wêreldwyd vertolk het.

Staci sê dis moeilik om afskeid van haar familie en vriende te neem, asook van Grootbos, Melodrama, Family Church en Omgee Bedieninge, “but its time for my to fly and reach for the stars!”

Staci Bester, wat Gansbaai vir ‘n toerboot verruil het, is hier besig met ‘n dans tydens ‘n fotosessie.
Gansbaai_Courant