Olimpiese kampioen vir Jesus! (3)

Olimpiese kampioen vir Jesus! (3)

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“'n Atleet wat aan 'n wedstryd deelneem, kan die prys wen slegs as hy volgens die reëls meeding.” (2Tim.  2:5)

Al is die Olimpiese Spele nou verby en sal dit eers oor vier jaar weer plaasvind, moet ons as atlete vir Jesus Christus altyd gereed wees om deel te neem aan die wedloop van die lewe. Die vorige twee weke het ons jou daarop gewys dat jy besig moet wees met Feit 1 – Doelgerigte inspanning – waar jy jouself elke dag moet inspan deur gereelde Bybellees en gebed om fikser en fikser te word vir die wedstryd waaraan jy deelneem. Jy word nie vanself lewensfiks nie. Dit vra van jou opoffering en deursettingsvermoë. Jy en ek weet dit is alles meer as die moeite werd om vir Jesus fikser te word.

Feit 2- Ons kompeteer teen ’n Opponent van formaat. Ons het verlede week gesien dat daar in enige wedstryd 'n opponent is.

Ons as Christene neem deel teen ‘n gedugte teenstander – die duiwel. (Let daarop dat sy naam met 'n kleinletter geskryf word – want hy is reeds deur Jesus Christus oorwin – en ons moet dit weet!) Weet jy hoe soet is die oorwinning as jy hom elke dag in die wedloop van die lewe wen!

Vandag kyk ons na die derde feit wat elke atleet van Jesus moet weet: Feit 3 – Daar is ‘n Hemelse Doel/Prys  waarna ons moet strewe.  1 Timoteus 4:8 stel dit duidelik: “Oefen jouself om goddelik te wees. Fisiese oefening het wel waarde maar om geestelik te oefen deur fiks te bly en GOD te dien, is regtig die moeite werd. Dit help ‘n mens op alle maniere, vir die lewe hier op aarde én die lewe wat vir ons wag in die toekoms.” (Die Boodskap)  Oefen jouself om goddelik te wees. Die Griekse woord vir “oefen” is letterlik om “Naak te oefen”. Die atleet moet alles wat hom verhinder om voluit te hardloop van sy liggaam afskeur (uittrek) sodat hy sy beste kan lewer. Jy en ek mag nie toelaat dat enige las wat ons saamdra ons verhinder om voluit vir Jesus te hardloop nie. Geen verslawing, geen sondige gedagtes en geen “maak-asof-jy-so-goed-is” nie. Hou op voorgee dat jy só hard oefen vir Jesus – begin om goddelik te lewe.

Kyk na die klem wat Paulus plaas op: “Oefen jouself”  Dit is jou verantwoordelikheid om self elke dag jou in te span en te oefen vir Jesus. Te veel van ons wag dat iemand ons met 'n teelepel moet voer voordat ons eet. Staan self op en kyk hoe jy vir iemand anders iets kan beteken. Hoekom?

Jy het mos ‘n Hemelse Doel waarvoor jy hardloop! Om goddelik te wees! Net soos Jesus, ja. Wat jy ookal doen moet daarop gemik wees om Sy beeld in jou te laat sigbaar word vir die hele wêreld.

Die doel is om só te lewe dat mense Jesus in jou raaksien. Almal moet weet jy hardloop vir die Koning! As kampioen van Jesus sal jy gou agterkom dat daar niks groter en beter is om voor te hardloop nie: Die hemelse prys, Jesus Christus! Dan sal jou lewe meer as die moeite werd word – nie net vir jou aardse lewe nie, maar ook die hemelse wat kom!

Olimpiese kampioen vir Jesus! (3)

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles