Arabiere besoek enkelvroue

Arabiere besoek enkelvroue

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n “Egte” Arabier en sy bedekte vrou het 'n groep enkellopendes verras tydens die NGK se jaarlikse funksie vir enkellopendes met die oog op Vrouemaand.

Die Arabier en sy vrou, wat op ‘n minagtende wyse agter hom moes stap, het die praatjie oor vroue in Saoedi-Arabië wat geen erkenning kry nie, beklemtoon. Die funksie is ‘n jaarlikse instelling deur die NGK se Diens van Barmhartigheid om enkellopendes op hierdie wyse te bederf en die gebruik is etlike jare gelede deur Maryna Rousouw ingestel. Sy het die byeenkoms as eregas bygewoon.

Sankie Prinsloo het as gasspreker haar wedervaringe as vroedvrou in 2000 in die plattelandse dorp, Tabuk in Saoedi-Arabië met die gaste gedeel. Sy het onder kontrak vir ‘n jaar in ‘n militêre hospitaal net buite Tabuk as vroedvrou gewerk.

Sankie se insiggewende vertellinge het die vroue behoorlik aan haar lippe laat hang. Enkele voorbeelde van die minagting van vroue wat deur Sankie uitgelig is, is: hulle moet te alle tye in die openbaar ten volle, van kop tot tone, geklee wees; hulle is op geen opleiding geregtig nie; kommunikasie met mans, selfs hul eie mans, in die openbaar is verbode; hulle mag nie langs hul mans in die openbaar stap nie, maar agter hom; mans het gewoonlik so vier vrouens en as een tot sterwe kom, word sy eenvouding met ‘n ander een vervang.

Veral die dames kon net koppe skud by die besef van hoe dit moet wees om as vrou so ‘n lewe te moet ly.

Na afloop van byeenkoms is die enkellopendes met ‘n middagmaal bederf en is verras met ‘n tipiese Arabiese nagereg, bestaande uit dadelbolletjies - dadels is Saoedi-Arabië se stapel-voedsel.

Arabiere besoek enkelvroue

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles