“The beauty of Fynbos, speaks deep to the soul and it comes as no surprise that this floral abundance inspires artists, songwriters and poets through the ages to bring tribute to its splendour.”
Die vierde Cape Floral Kingdom Expo deur die Mega Groep van maatskappye is onlangs by Megapark, Bredasdorp aangebied.
Die 8 000 vk meter onderdak was ‘n verruklike ten toonstelling en kombinering van berg, fynbos en fynbosspesies. Derick Gardener van RSG se Brêkfis met Derick het geesdriftig met sy kamera en mikrofoon rondgestap en ‘n praatjie gelewer.
Die Mad Hatter’s High Tea het tot groot vermaak van die oggendtee bygedra en gaste het behoorlik uitgehang met hul kreatiewe hoede.
Enkele van die aktiwiteite en aanbiedinge, was: die Vlooimark (‘n eerste vir hierdie expo); ‘n 5km pretdraf; omgewingsopvoeding deur Gretha Louw; Kirstenbosh Botanical Garden’s Guru Bookshop; stap in die Fynbos Labirint; Bewaringsuitstallings deur Bewaringsorganisasies vanuit die omgewing, asook van Gansbaai-omgewing; kindervermaak, verskeie kompetisies en veel meer. Hierdie jaarlikse uitstalling bied geleentheid tot die ontdekking van die omgewing se unieke verskeidenheid van Fynbosspesies, om van medisinale waarde van sommige spesies te leer, om ‘n groot verskeidenheid van spesies te identifiseer, die bewaring van fynbos, asook die kommersiële- en dekoratiewe waardes van fynbos.
Lesers kan gerus kennis neem van die Mega Groep van maatskapye se jaarlikse Agri Mega Week 2016, ingesluit die Lente Merga Pet Expo te Mega Park, Bredasdorp vanaf 14 tot 17 September 2016.