Verruklike Fynbosskou verras besoekers

Verruklike Fynbosskou verras besoekers

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“The beauty of Fynbos, speaks deep to the soul and it comes as no surprise that this floral abundance inspires artists, songwriters and poets through the ages to bring tribute to its splendour.”

Die vierde Cape Floral Kingdom Expo deur die Mega Groep van maatskappye is onlangs by Megapark, Bredasdorp aangebied.

Die 8 000 vk meter onderdak was ‘n verruklike ten toonstelling en kombinering van berg, fynbos en fynbosspesies. Derick Gardener van RSG se Brêkfis met Derick het geesdriftig met sy kamera en mikrofoon rondgestap en ‘n praatjie gelewer.

Die Mad Hatter’s High Tea het tot groot vermaak van die oggendtee bygedra en gaste het behoorlik uitgehang met hul kreatiewe hoede.

Enkele van die aktiwiteite en aanbiedinge, was: die Vlooimark (‘n eerste vir hierdie expo); ‘n 5km pretdraf; omgewingsopvoeding deur Gretha Louw; Kirstenbosh Botanical Garden’s Guru Bookshop; stap in die Fynbos Labirint; Bewaringsuitstallings deur Bewaringsorganisasies vanuit die omgewing, asook van Gansbaai-omgewing; kindervermaak, verskeie kompetisies en veel meer. Hierdie jaarlikse uitstalling bied geleentheid tot die ontdekking van die omgewing se unieke verskeidenheid van Fynbosspesies, om van medisinale waarde van sommige spesies te leer, om ‘n groot verskeidenheid van spesies te identifiseer, die bewaring van fynbos, asook die kommersiële- en dekoratiewe waardes van fynbos.

Lesers kan gerus kennis neem van die Mega Groep van maatskapye se jaarlikse Agri Mega Week 2016, ingesluit die Lente Merga Pet Expo te Mega Park, Bredasdorp vanaf 14 tot 17 September 2016.

Verruklike Fynbosskou verras besoekers

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles