Langasem mik vir WP

‘n Leerder van Gansbaai Primêr, German Lewis (14) se atletiekvisier is nou op die Westelike Provinsie (WP) se atletiekbyeenkoms ingestel.

German is ‘n “ou” bekende atletiek-presteerder van Gansbaai Primêr, met vele toekennings agter sy naam. Met die onlangse Overberg atletiekbyeenkoms het hy eerste in die o/14 vier kilometer wedloop geëindig.

German is nou daarop ingestel om sodanig tydens die WP atletiekbyeenkoms te presteer, dat hy gekeur kan word om later vanjaar aan die SA atletiekbyeenkoms te kan deelneem. 

‘n Leerder van Gansbaai Primêr, German Lewis (14) se atletiekvisier is nou op die Westelike Provinsie (WP) se atletiekbyeenkoms ingestel. German is ‘n “ou” bekende atletiek-presteerder van Gansbaai Primêr, met vele toekennings agter sy naam. Met die onlangse Overberg atletiekbyeenkoms het hy eerste in die o/14 vier kilometer wedloop geëindig. German is nou daarop ingestel om sodanig tydens die WP atletiekbyeenkoms te presteer, dat hy gekeur kan word om later vanjaar aan die SA atletiekbyeenkoms te kan deelneem.
Gansbaai_Courant