Gholfnuus

Gholfnuus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Donderdag se Sloegters is gewen deur Sextus Neethling (43), gevolg deur Daan Victor (41), George Hunt (38), Leon Lombard (37), Bev Swart (37), Etienne Engelbrecht (35), Elias Matthee (34) en Steve Muller (34).

Vrydag se 9-putjie kompetisie is gewen deur Lambert Smith met 18 punte.  Die komitee en lede bedank Chris van Rensburg van OK Foods vir die borgprys elke Vrydag. 

Dit word opreg waardeer.

Saterdag se Enkel Stableford kompetisie is gewen deur Johan Schneider (42), gevolg deur Sextus Neethling (41), Lieb Louw (40), Johan Coetzee (38), Wally van Coller (38), Leon Lombard (36), Bev Swart (36).  Naaste aan die penne was Richard Bentz op no 2 & 11, Daniël van der Merwe op no. 8 & 17 en Steve Muller op no 15.  Spog Twee’s word aangeteken deur Steve Muller (15), Jacques Nell (17) en Daniël van der Merwe (17).  Johan Schneider teken ‘n Arend aan op putjie no 1. (Foto volgende week)

Afslaantye:  Daar is besluit dat die afslaantye vanaf September vir Saterdae en Woensdae vanaf 09:00 – 11:00 sal wees.

Komitee:   Johan Pieterse (President), Jacques Nell (Kaptein), Daan Victor (Visie-Klubkaptein), addisionele lede Jakkie Beukes, Bev Swart, Gina Esterhuizen. George Hunt is gekoöpteer. Die baie gewilde Maandelikse Houespel, een van die mees gewilde kompetisies, word volgende Saterdag aangebied.

Die skoonvelde is gesny en die setperke is pragtig.

Die nuwe Boland Unie Senior Liga vir ouderdom 50 jaar en ouer, neem volgende Saterdag ‘n aanvang en word in die Paarl gespeel. Ons span is: George Hunt (Kaptein), Jacques Nell, Daan Victor, Bev Swart, Neil Harrison en Andre Roos.

Merk hierdie datum!  Op 1 Oktober word die Beeskraal Ope in die volgende afdelings gespeel:  Tollies, Bulle, Osse en Koeie.  Die formaat is ‘n Enkel Stableford en dit beloof om ‘n heerlike kompetisie te wees.  Kom deel in ‘n pragtige dag - daar is wonderlike pryse in elke afdeling.

Johan Coetzee

Gholfnuus

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Thank you for this lovely five-star review Debbie, it was great hosting you guys!

A Conversation With AI

A Conversation With AI

AI can access and synthesize a much broader range of information than any one person typically can, and very quickly, but that doesn't mean AI is more knowledgeable overall than every person. 

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
See All Articles