Behoorlike verskeidenheid

Behoorlike verskeidenheid

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Verlede Dinsdag was dit my voorreg om ‘n slag see toe te gaan en behoorlik vis te vang. Wie sal nie tevrede voel as elkeen van die bemanning ‘n slag behoorlik kon inklim en na die gewone ondermaatkabeljoutjies daar skielik ‘n paar mooies aan die byt raak en op die dek opeindig nie?

‘n Man is nog mooi aan die dankie sê vir die onverwagse voorreg toe die geelbek ook kom stem dikmaak  Dan, die skielike vat en loop en jy weet sommer, hier kom ‘n mooi snoek, en dan volg nog een kort daarna. By ons in die laatjies het daar  reeds ‘n paar ordentlike silwervis gelê en om die kroon te span (vir ‘n verandering), mooi hotties. Hierdie tyd van die jaar is die Moddergronde ‘n logiese keuse maar dit kos steeds jou oog op die situasie hou. Om redelik seker te wees jy beland waar die vis is moet jy  kan oordeel waar om daarvoor te probeer, maar die belangrikste van hierdie hele storie is om jou eie boot te besit en sodoende te kan gaan waarheen jy wil en die volle spektrum te ervaar  --  nie net die hengelgedeelte nie maar ook die volle plesier van dit alles. Om ‘n boot jou eiendom te maak is veral deesdae glad nie eenvoudig nie en daar is baie faktore om in ag te neem. Indien jy nie baie ervare is nie en enigsins hierdie moontlikheid oorweeg is die groot vereiste dat jy moet lief wees vir die natuur en in hierdie geval veral die see.

Op ‘n volgende geleentheid sal die voor- en nadele, asook ander aspekte van ‘n boot se aanskaf behandel word. Wees voorbereid daarop dat dit nogal ‘n komplekse besigheid is en dat daar aspekte is wat jou opinie hieroor sál beinvloed. Hou jou oog op hierdie rubriek. 

Groete,  Seemeeu

Behoorlike verskeidenheid

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Thank you for this lovely five-star review Debbie, it was great hosting you guys!

A Conversation With AI

A Conversation With AI

AI can access and synthesize a much broader range of information than any one person typically can, and very quickly, but that doesn't mean AI is more knowledgeable overall than every person. 

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
See All Articles