Omgekrapte See Fnuik Hengel Maar Nie Lentedans

Omgekrapte See Fnuik Hengel Maar Nie Lentedans

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

'n Omgekrapte see, sterk wind en golwe kan maklik ‘n goedbeplande boothengelkompetisie fnuik, maar nie die gesellige funksie-aande van die Birkenhead Boothengelklub nie.

Saterdag, 3 September 2016 is die gewone funksie-aand met ‘n gesellige Lentedans in die klubsaal vervang.

Baie moeite is met die aanbied van ‘n smaaklike ete gedoen, met die saal wat pragtig met ‘n lentetema versier is.

Soos gebruiklik het Jan Lourens met sy Musiekfabriek die voete tot laataand laat jeuk.

Al is daar nie see toe gegaan nie, is die klub se Foefiebeker aan Steve Muller (foto) oorhandig om uit te drink.

Steve het glo ‘n vorige keer ‘n bakkie met kos op Bev Swart se boot, Bella Me, see toe geneem. Hy het daarvan vergeet, ondanks hongerpyne wat begin knaag het. Met die regpak van sy boot, kom Bev toe op die “vrot” kos af wat nooit geëet is nie!

Klublid Bryan King, wat op 6 September 2016 die rype ouderdom van tagtig behaal het, is gelukgewens, maar daar is ook afskeid van hom en sy eggenote, Marietha geneem, aangesien die egpaar beplan om te verhuis.

George Rowan is as nuwe lid voorgestel, met nog ‘n nuwe lid, Peet Badenhorst wat kort voor die funksie in die hospitaal opgeneem is.

Wenners (foto) van bottels wyn het breed geglimlag en saam met Bryan en Marietha vir ‘n foto geposeer.

Die volgende boothengelkompetisie is die jaarlikse King of the Bay Saterdag, 1 Oktober 2016, waarheen verskeie boothengelklubs genooi word, met die Birkenhead Boothengelklub as gasheer.

Navrae kan aan Philip Fourie (voorsitter) by 082-747-3634 gerig word.

Omgekrapte See Fnuik Hengel Maar Nie Lentedans

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Thank you for this lovely five-star review Debbie, it was great hosting you guys!

A Conversation With AI

A Conversation With AI

AI can access and synthesize a much broader range of information than any one person typically can, and very quickly, but that doesn't mean AI is more knowledgeable overall than every person. 

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
See All Articles