Westewinde behoort vir geelbek te sorg

Westewinde behoort vir geelbek te sorg

Gansbaai Courant

Wanneer die dag so vroeg breek beteken dit net een ding vir die hengelaar  --  dis amper tyd vir die amperbootjies om tot hulle reg te kom.

Waarvoor daar egter gewag word, is vir die knaende suidooster om kop uit te steek. Dit sal een van die dae gebeur. Dan verander die water na so ‘n kondensmelk-kleur en dis waarvoor die kabeljou weer wag.

So, indien jy nog nie aandag geskenk het aan hierdie klein bootjie van jou nie, kry hom reg!

Oor so 'n paar weke verkas die vis vanaf die dieper water en maak hulle tuis tussen die bamboes. Dis die domein van die amperbootjies en meestal van hierdie plekke is nie geskik vir die groter weergawe nie.

Baie manne besit natuurlik ‘n groter sowel as ‘n klein bootjie en sal dus die regte keuse kan maak.

Die westewinde wat op die oomblik so kwaai waai sorg gewoonlik hierdie tyd van die jaar vir geelbek.

Sover was die manne nie baie suksesvol nie en die sporadiese vangste wat gemaak is, laat jou net meer uitsien na wanneer hierdie visse sommer behoorlik aan die loop gaan.

Met die verskyning van die kabeljou sal plekke soos Haaiklip en Holbaai tot hulle reg kom. Heel dikwels dwaal die geelbek en kabeljou so saam-saam wat dit nog meer interessant maak.

Hopelik gaan daar met die komende naweek se boothengekompetisie reeds vordering gemaak word op hierdie gebied. Of is ek nou ooroptimisties?

Die snoek is ‘n ander ding. Die groot lope van hierdie vis het ons nog nie beleef nie, hoewel daar darem al mooies in die laatjies beland het. Ook is die kondisie nie van die beste nie, maar  darem nie so erg dat jy gaan nee sê wanneer hy jou lyn vat nie.

Ek hou daarby  --  eers wanneer jy een van hierdie (en verkieslik ‘n grote) gevang het, kan jy saam gesels. Laat die manne vir wie dit ‘n eerste ondervinding is asseblief laat weet hoe dit gegaan het.

Die hotties was oor die algemeen nie van die allergrootstes nie, hoewel daar darem goed gevang is. Dis ‘n groot raaisel waarom die groot, vettes nie meer beskikbaar was nie.

Dis maar ‘n wisselvallige storie en hoewel hierdie vis se tyd vroeër is, kan hulle deur die jaar gevang word. Behalwe vir ‘n vet galjoen is dit seker die nommer een braaivis. Gooi maar so ‘n snoekpens ook in!

Die romanne en PW’s wat tussenin gevang is, is darem ook nie te versmaai nie.

Lekker vang,
Seemeeu  

Westewinde behoort vir geelbek te sorg

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles