Westewinde behoort vir geelbek te sorg

Westewinde behoort vir geelbek te sorg

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Wanneer die dag so vroeg breek beteken dit net een ding vir die hengelaar  --  dis amper tyd vir die amperbootjies om tot hulle reg te kom.

Waarvoor daar egter gewag word, is vir die knaende suidooster om kop uit te steek. Dit sal een van die dae gebeur. Dan verander die water na so ‘n kondensmelk-kleur en dis waarvoor die kabeljou weer wag.

So, indien jy nog nie aandag geskenk het aan hierdie klein bootjie van jou nie, kry hom reg!

Oor so 'n paar weke verkas die vis vanaf die dieper water en maak hulle tuis tussen die bamboes. Dis die domein van die amperbootjies en meestal van hierdie plekke is nie geskik vir die groter weergawe nie.

Baie manne besit natuurlik ‘n groter sowel as ‘n klein bootjie en sal dus die regte keuse kan maak.

Die westewinde wat op die oomblik so kwaai waai sorg gewoonlik hierdie tyd van die jaar vir geelbek.

Sover was die manne nie baie suksesvol nie en die sporadiese vangste wat gemaak is, laat jou net meer uitsien na wanneer hierdie visse sommer behoorlik aan die loop gaan.

Met die verskyning van die kabeljou sal plekke soos Haaiklip en Holbaai tot hulle reg kom. Heel dikwels dwaal die geelbek en kabeljou so saam-saam wat dit nog meer interessant maak.

Hopelik gaan daar met die komende naweek se boothengekompetisie reeds vordering gemaak word op hierdie gebied. Of is ek nou ooroptimisties?

Die snoek is ‘n ander ding. Die groot lope van hierdie vis het ons nog nie beleef nie, hoewel daar darem al mooies in die laatjies beland het. Ook is die kondisie nie van die beste nie, maar  darem nie so erg dat jy gaan nee sê wanneer hy jou lyn vat nie.

Ek hou daarby  --  eers wanneer jy een van hierdie (en verkieslik ‘n grote) gevang het, kan jy saam gesels. Laat die manne vir wie dit ‘n eerste ondervinding is asseblief laat weet hoe dit gegaan het.

Die hotties was oor die algemeen nie van die allergrootstes nie, hoewel daar darem goed gevang is. Dis ‘n groot raaisel waarom die groot, vettes nie meer beskikbaar was nie.

Dis maar ‘n wisselvallige storie en hoewel hierdie vis se tyd vroeër is, kan hulle deur die jaar gevang word. Behalwe vir ‘n vet galjoen is dit seker die nommer een braaivis. Gooi maar so ‘n snoekpens ook in!

Die romanne en PW’s wat tussenin gevang is, is darem ook nie te versmaai nie.

Lekker vang,
Seemeeu  

Westewinde behoort vir geelbek te sorg

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Thank you for this lovely five-star review Debbie, it was great hosting you guys!

A Conversation With AI

A Conversation With AI

AI can access and synthesize a much broader range of information than any one person typically can, and very quickly, but that doesn't mean AI is more knowledgeable overall than every person. 

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
See All Articles