Gansbaai Academia se o/17 Sokkerspan het Vrydag, 16 September 2016 na George gereis waar hulle aan die Motsepe Sokkertoernooi deelgeneem het.
Die span het as verteenwoordigers van die Overberg teen ander streke in die Wes-Kaap gespeel.
Hulle verloor die eerste wedstryd met 1 - 2, maar wen hulle tweede wedstryd met 1 - 0.
Dit was die span se eerste deelname aan so ‘n groot toernooi en hulle afrigter, Garren Verhoog sê waardevolle onder-vinding is tydens die toernooi opgedoen.