Drie behaal kleure

Die eer om Overbergkleure in tennis te verwerf, het Monique Hugo (0/12), Nel Stieger (0/10) en Stefan Stieger (0/10) te beurt geval. Hulle is leerders van Laerskool Gansbaai en is in die Overberg Tennisspanne opgeneem.

Hennie de Wet (0/9) is ook in die Overberg Tennisspan opgeneem, maar slegs vir blootstelling, aangesien o/9’s nog nie Overbergkleure kan verwerf nie. Die groep tennisspelers is vir die Bolandproewe van 14 en 15 Oktober 2016 gekeur.

Die eer om Overbergkleure in tennis te verwerf, het Monique Hugo (0/12), Nel Stieger (0/10) en Stefan Stieger (0/10) te beurt geval. Hulle is leerders van Laerskool Gansbaai en is in die Overberg Tennisspanne opgeneem. Hennie de Wet (0/9) is ook in die Overberg Tennisspan opgeneem, maar slegs vir blootstelling, aangesien o/9’s nog nie Overbergkleure kan verwerf nie. Die groep tennisspelers is vir die Bolandproewe van 14 en 15 Oktober 2016 gekeur.
Gansbaai_Courant_New