Hoogtepunt vir ons Spierbouers

Hoogtepunt vir ons Spierbouers

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Drie gimnasiuminstrukteurs van Gansbaai het verlede Saterdag aan ‘n nasionale liggaamsbou kompetisie in Kampsbaai deelgeneem.

Pieta Botes (28), Cobus Briedenhann (38) en Nicola Immelman (29) vertel dat hierdie deelname sonder twyfel  die hoogtepunt van hulle jaar is.

Die kompetisie word aangebied deur die “National Amateur Body Building Association/World Fitness Federation” (NABBA/WFF).

Dit was die  eerste keer dat hulle as  die “Health and Active” span inskryf vir ‘n kompetisie.

Slegs vanuit die Wes-Kaap was daar sowat tagtig deelnemers wat in die agt en twintig kategorieë deelgeneem het.

Cobus het vir die Mens Classic Body Building Class 1 over 1.79 meter ingeskryf en vierde geëindig.

Hy is gekeur om aan die Suid-Afrikaanse Nasionale kompetisie deel te neem wat op 8 Oktober 2016 in Pretoria plaasvind.

Pieta het in die Novice Body Building-afdeling deelgeneem, wat vir deelnemers bedoel is wat  die eerste keer inskryf.

Hy het net-net buite die vereiste eerste ses plekke geëindig.

Nicola het op haar beurt vir die Beach Bikini over 1.63 meter ingeskryf en ‘n  vierde plek behaal. Slegs die eerste drie deelnemers dring deur na  die Suid-Afrikaanse Nasionale kompetisie.

NABBA is die eerste kompeterende liggaamsbou organisasie wat in 1950 gestig is. Hulle bied ook die Mr Universe kompetisie aan. Die eerste Mr. Universe wat gekies is, was Steve Reeves wat daarna meer as dertig Hercules films vervaardig het.

“Ons vertrou dat ons deelname aan hierdie kompetisie die eerste van vele sal wees waartydens ons ons dorp en ons provinsie sal gaan verteenwoordig,” het Pieta gesê.

Hoogtepunt vir ons Spierbouers

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Thank you for this lovely five-star review Debbie, it was great hosting you guys!

A Conversation With AI

A Conversation With AI

AI can access and synthesize a much broader range of information than any one person typically can, and very quickly, but that doesn't mean AI is more knowledgeable overall than every person. 

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
See All Articles