HaS sê dankie aan weldoeners

HaS sê dankie aan weldoeners

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die jaarlikse Groot Dankie-aand deur Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes (HaS) is Woensdagaand, 19 Oktober 2016 in die Pretoriussaal aangebied.

Die hoofdoel van hierdie jaarlikse geselligheid is om die Tehuis se dankbaarheid aan die einde van die jaar aan vele donateurs, borge en vrywillige werkers oor te dra.

In sy Jaarverslag maak Wollie Jacobs, voorsitter van die Beheerraad, die volgende opmerking: “Die mees sinvolle lewensfilosofie vir my persoonlik is die ‘wet op ekwivalensie’, die beginsel wat behels dat, na die maat waarin ons ander mense hanteer, sal ons hanteer word.”

In sy bedankingsrede het HaS se Bestuurder, John van Rooyen, na die oorkoepelende rol van Badisa, waaronder HaS ook sorteer, verwys, wat tans aan meer as 700 000 mense ‘n diens lewer.

John het ook gemeld dat slegs sowat 20% van die inwoners (net tien van die veertig) die volle inwoningstarief betaal.

Die res van die inwoners moet gesubsidieer word, wat alleenlik deur middel van donasies en fondsinsamelingsprojekte moontlik is.

Die inwonersgetal is tans 57, wat soos volg saamgestel is: Gangkamers (21), Siekeboeg (19), Woonstelle (12), Buitekamers (1) en Nasorgafdeling (4).

HaS se Beheerraadslede is Wollie Jacobs (voorsitter) en Francia van Dyk (visie-voorsitter). Addisionele lede (alfabeties) is Adel Swart, Flip Geldenhuys, Henk de Milander, Hennie Lochner, Hermine Groenewald, Len Olivier, Nicolene Richards en Norman Sauls, met John van Rooyen as Bestuurder van die Tehuis.

‘n Pragtige groep vroue-inwoners het na afloop van die toesprake die aand verder opgekikker met mooi koorsang, terwyl ‘n groep personeellede op hul beurt vir ‘n komiese opvoering gesorg het. Daarna is daar gesellig saamgekuier en geëet - dit waarvoor die aand bedoel was.

HaS sê dankie aan weldoeners

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles