Geelbekke lóóp

Geelbekke lóóp

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die geelbekke het Saterdag, 5 November 2016 behoorlik soos snoek “gelóóp”.

Met die twaalfde en laaste 2016 boothengelkompetisie van die Birkenhead Boothengelklub, was dit die geelbekvangstes wat vanjaar se finale wenners bepaal het.

Die swaarste geelbek (5.7kg) is uitgetrek deur Gavin Engelbrecht.  Dit maak hom die swaarste vis vir 2016.

Vier bote het ingeskryf en al vier het ingeweeg. Die aantal bemanning was vyftien, waarby twee juniors en een dame ingesluit was. Vyf verskillende spesies is ingeweeg en die totale  aantal vis was honderd en veertien, met 'n totale massa van 151.95kg.  Dit bring dit op ‘n gemiddeld van 10.13kg per hengelaar.

Volledige uitslae is soos volg: Swaarste vis, Gavin Engelbrecht (Geelbek - 5.7kg); 2de swaarste vis, Leon Engelke (Geelbek - 5.40kg); swaarste sak (15.40kg), Danie Fourie; 2de swaarste sak (14.15kg), Ben Uys; swaarste bootgemiddeld (14.63kg), Oupa van Ben Uys; 2de swaarste bootgemiddeld (9.26kg), Relêks van Jean Downing; Junior swaarste sak (15.25kg), Hennie Groenewald.

Die eerste drie voorlopers is: Bootkampioene - Oupa (60.59kg) van Ben Uys, Nu-Nu (53.96kg) van Johan Burmeister en Relêks (51.97kg) van Jean Downing; Mans Visvangkampioene - Danie Fourie (61.90kg), Ben Uys (59.40kg) en Johan Burmeister (56.80kg); Dames Visvangkampioen - Dixie Walsh (17.10kg); Junior Visvangkampioene - Hennie Groenewald (58.90kg) en JP Uys (57.85kg). 

Trofeë sal tydens die Jaareindfunksie wat Saterdag, 19 November 2016 plaasvind, oorhandig word.

Geelbekke lóóp

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight

Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight

Did you know the Carpet Geranium, also known as Vrouebossie (Geranium incanum), is more than just a pretty wildflower?

Grootbos Foundation
Freestyle Chess Thrills at Grootbos Lodge

Freestyle Chess Thrills at Grootbos Lodge

This week, chess took centre stage! 

Grootbos Foundation
9 Days to Christmas: Sense of Humour

9 Days to Christmas: Sense of Humour

By now, you might be on your way to the family. Be very sure that the first thing you pack is your sense of humour.

It is Okay for Others to Talk about Themselves

It is Okay for Others to Talk about Themselves

All of us want to know that we are heard and seen, and with that, we know that we are valued.

Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan

Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan

Ons wens die Gansies wat die Wes-Kaap verteenwoordig by die Mzansi Inter-Provinsiale Jeugskaakkampioenskap sterkte toe.

Laerskool Gansbaai
Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025

Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025

Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025.

Gansbaai Golf Club
See All Articles