Kerssangdiens betower

Kerssangdiens betower

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Net soos die Hemelkoor, waarmee die NG-kerkkoor die Kerssangdiens  begin het - net so het hulle die toehoorders vir die res van hul optrede met luisterryke koorsang bedien.

Die jaarlikse Kerssangdiens, gereël deur die NG-kerkkoor onder leiding van Aletta Lochner (koorafrigter),  is Sondagaand, 27 November 2016 aangebied. Die program wat uit beurtsang tussen die koor en gemeentelede bestaan het, is  deur ds Dirk van Dyk afgewissel  met Skriflesing uit Lukas en Matteus. Hy het ook die verrigtinge gelei.

Enkele  koorliedere  onder   leiding van Aletta Lochner, begelei deur Annelene Reinke  was Dogter van Sion, Child in a manger, Kerslied en die betowerende Leisa reiselt der Schnee.

Om  die  verrigtinge  in ‘n besondere gewyde atmosfeer af te sluit, het die gades en kinders van koorlede met brandende kerse deur die kerk tot voor die kansel gestap.  Koorlede  het ook hulle  kerse en lampies aangesteek, terwyl die alombekende Kerslied Stille Nag, Heilige Nag gesing is. Na afloop van die verrigtinge is daar gesellig in die saal gekuier. Die Vrouediens het die smaaklike eetgoed voorsien. 

Kerssangdiens betower

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles