Die vrede wat te groot is om te verstaan!

Die vrede wat te groot is om te verstaan!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“En die vrede van GOD wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.” (Fil. 4:7) 

 “Eer aan GOD in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy 'n welbehae het!” (Luk. 2:14) 

Desembermaand!  ’n Maand van vakansie,  vreugde, familie - en o ja, ons het verlede week gesê: ’n Maand waarin ons gaan bid vir vrede!

Elke keer wanneer jy tyd het, of onthou dit is Kersfees, moet jy saam met ander Christene bid vir GOD se vrede in ons land, in die wêreld, in ons huise en in ons harte.

Dink net hoe kragtige werking kan ons as gelowiges bewerkstellig as ons almal bid vir ’n ware gees van vrede en liefde in ons land. “Die gebed van 'n gelowige het 'n kragtige uitwerking.”  (Jak. 5:16)

Tog is dit nodig om weer eens te beklemtoon dat ware vrede net moontlik is wanneer ons in ’n verhouding met Jesus leef. Jy kan probeer om vrede te kry in dinge soos geld, besittings, selfs in vriende of familie,  maar telkens gaan jy jou vasloop teen ’n ongelukkigheid of ontevredenheid in jou binneste wat jy nie kan verstaan nie. Jy het dan so hard probeer om in vrede te leef!

Die rede is dat jy nie verstaan dat ware vrede net moontlik is as Jesus die beginpunt van jou vrede is. Jy moet GOD liefhê met jou hart, jou siel en jou verstand – of anders gestel: Jy moet alles in jou lewe oorgee aan Jesus sodat Hy beheer kan neem van jou besluite, jou gedagtes en jou verhoudings.

Dink gou saam met my. Dink aan die verhoudings wat jy het met jou man, vrou, jou ouers of jou kinders. Daar is net vrede in daardie  verhoudings as jy die ander persone lief het, respekteer en hulle aanvaar net soos hulle is. As jy soms agterkom jy is ontevrede of geïrriteerd met hulle  - dan kan jy maar gerus vir jouself afvra: Het ek hulle lief soos Jesus my lief het? 

Soek eers jou vrede in Jesus – herstel jou verhouding met Hom en vrede sal weer in jou lewe invloei.

GOD gee vrede wat alle verstand te bowe gaan, sê Filippense 4:7. Sy vrede bewaar jou gedagtes en verstand teen al die verleidings en versoekings wat jou van Hom laat wegdwaal. Daarom sê Filippense 4:4:  “Wees altyd bly in die HERE!” Kry jou vrede by die HERE Jesus. Praat gedurig met Hom, vra Sy leiding en gee jou bekommernisse oor aan Hom – Hy het nie verniet na hierdie wêreld gekom nie! Hy het ons verhouding met ons Vader in die hemel kom herstel. Hy het regtig vrede gebring vir elkeen wat besef GOD het hom of haar lief. Ja, GOD het jou só lief.....!

Begin vandag saam met ons almal bid dat jou verhouding met Jesus die belangrikste doel van jou lewe sal word. Vrede begin in jou hart, waar jy oorgee aan Jesus en begin leef volgens Sy Wil.

Vrede vir jou!

Die vrede wat te groot is om te verstaan!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight

Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight

Did you know the Carpet Geranium, also known as Vrouebossie (Geranium incanum), is more than just a pretty wildflower?

Grootbos Foundation
Freestyle Chess Thrills at Grootbos Lodge

Freestyle Chess Thrills at Grootbos Lodge

This week, chess took centre stage! 

Grootbos Foundation
9 Days to Christmas: Sense of Humour

9 Days to Christmas: Sense of Humour

By now, you might be on your way to the family. Be very sure that the first thing you pack is your sense of humour.

It is Okay for Others to Talk about Themselves

It is Okay for Others to Talk about Themselves

All of us want to know that we are heard and seen, and with that, we know that we are valued.

Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan

Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan

Ons wens die Gansies wat die Wes-Kaap verteenwoordig by die Mzansi Inter-Provinsiale Jeugskaakkampioenskap sterkte toe.

Laerskool Gansbaai
Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025

Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025

Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025.

Gansbaai Golf Club
See All Articles