Vier Gansbaaiers dien op die Overberg Kwiltersgilde in Hermanus se 2017 bestuur - met drie in topbestuurshoedanighede.
Die trotse Gaansbaaiers is Olga Kuschke (voorsitter), Alda Rowan (vise-voorsitter), Carol Mackenzie (sekretaresse) en Nettie le Roux (verkopeskakeling).
Die res van die tien bestuurslede is Bessie Oosthuizen (tesourier), Irene van der Merwe (sameroeper), Alysia Prinsloo (mediaskakeling), Colleen Bain (bibliotekaris), Maria Grové (nuusbrief) en Rose Surmon (lid sonder portefeulje).
Die vier Gansbaaiers wat op die bestuur dien, is almal ook lede van Gansbaai se Wacky Whalers Kwilters met Olga Kuschke as sameroeper.
Die Overberg Kwiltersgilde is die oorkoepelende kwiltersorganisasie vir alle kwilters in die Overbergstreek.
Die gelukkige wenner van hulle pragtige kwiltwerk wat vir 2016 se liefdadigheidsprojek uitgeloot is, is me SE Sherriff van Sandbaai.












