Gansies hou karnaval

Gansies hou karnaval

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Regte egte sirkustent – dít is waaruit die kleuters verbonde aan De Kleine Gansies Kleuterskool hul verversings vanjaar verkoop het. Die vrolike gedoente was deel van hul jaarlikse konsert met ‘n karnavaltema.

Hierdie jaarlikse hoogtepunt sorg ook vir baie vermaak wanneer die kleingoed goedsmoeds vir  hul ouers en oupas en oumas van die verhoog af waai.

Die ander  groot gebeurtenis was die Gr RR’e wat hulle diplomas ontvang het om volgende jaar as Gr R’e na die “groot” skool oor te skakel.

Al dié opwinding het Dinsdag, 22 November 2016 in die Pretoriussaal plaasgevind.

Die 2016 beheerliggaam in samewerking met Lee-Anne Potgieter het besluit dat ‘n karnavaltema perfek sal wees om die skool se dertigste bestaansjaar te vier.

Tipiese karnaval lekkernye, soos springmielies, spookasem, draairoomys en worsbroodjies is vanuit die Gansies se “sirkustent” verkoop.

Altesaam nege skreeusnaakse konsertitems is op skatlike kleuterwyse opgevoer: Paddas kwaak en I'd like to move it move it (2-3 jariges); Ek ry met die trein en Nommers (3-4 jariges); Popcorn en Briljantjies ala DJ  Ossewa styl (4-5 jariges); Gangnam style (al die seuns); My boy lollipop (al die meisies); Die sirkus (al die kleuters).

Die aand is vrolik afgesluit met voorlesings van pittige sêgoed wat dwarsdeur die jaar versamel is vanuit die “finale jaars”-geledere .

Die interim beheerliggaam vir 2016 is onlangs verkies: Johan Gericke (voorsitter), Jolandi Oosthuizen (vise-voorsitster), Annetjie Bauermeister (sekretaresse) en Elzanne Bosch (tesourier). Addisionele bestuurslede is: Juanita Hage, Madelein Swart, Moricco Rudman, Norman Stevens, Sarel Fourie en Theuns Otto.

‘n Nuwe 2017 beheerliggaam sal vroeg in Januarie  gekies word.

De Kleine Gansies se staatmaker skoolhoof, Lanita Marais, behartig steeds die daaglikse bedrywighede van die kleuterskool.

(Foto’s: Tracy van der Linde)

Gansies hou karnaval

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight

Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight

Did you know the Carpet Geranium, also known as Vrouebossie (Geranium incanum), is more than just a pretty wildflower?

Grootbos Foundation
Freestyle Chess Thrills at Grootbos Lodge

Freestyle Chess Thrills at Grootbos Lodge

This week, chess took centre stage! 

Grootbos Foundation
9 Days to Christmas: Sense of Humour

9 Days to Christmas: Sense of Humour

By now, you might be on your way to the family. Be very sure that the first thing you pack is your sense of humour.

It is Okay for Others to Talk about Themselves

It is Okay for Others to Talk about Themselves

All of us want to know that we are heard and seen, and with that, we know that we are valued.

Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan

Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan

Ons wens die Gansies wat die Wes-Kaap verteenwoordig by die Mzansi Inter-Provinsiale Jeugskaakkampioenskap sterkte toe.

Laerskool Gansbaai
Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025

Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025

Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025.

Gansbaai Golf Club
See All Articles