Kampioene stap glorieryk oor na 2017

Kampioene stap glorieryk oor na 2017

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die bootkampioen en kampioen-bemanning (2016) van die Birkenhead Boothengelklub, het  Saterdag, 3 Desember 2016, die eerste kompetisie vir 2017 se boothengelstryd, weer as “kampioene” begin.

Ben Uys, skipper van Oupa, en sy bemanning, Danie Fourie en die klub se twee juniors, Hennie Groenewald en JP Uys, het weer as wenners uit die stryd getree. 

Hierdie boothengelspan was  gedurende die jaar agter in die ry, maar het met 2016 se laaste boothengelkompetisie se geelbekvangstes stof in almal se oë geskop.

Vier bote het ingeskryf en al vier het ingeweeg. Die aantal bemanning was veertien, waarby die twee juniors ingesluit was. Ses verskillende spesies is ingeweeg en die totale aantal vis was nege en tagtig.

Die totale vismassa was 63.3 kg, wat ‘n gemiddeld van 10.13 kg per hengelaar beteken.

Volledige uitslae is soos volg: Swaarste vis, Ben Uys (rooi roman - 2.15kg); tweede swaarste vis, JP Uys (silvervis - 1.55kg); swaarste sak (9.85kg), Ben Uys; tweede swaarste sak (9.9kg), Danie Fourie; swaarste bootgemiddeld (8.34kg), Oupa van Ben Uys; tweede swaarste bootgemiddeld (4.48kg), Bella Me van Bev Swart; Junior swaarste sak (7.5kg), JP Uys.

Die eerste drie voorlopers vir 2017 is:

Bootkampioene - Oupa (8.34kg) van Ben Uys, Bella Me (4.78kg) van Bev Swart en Nkwasi (4.05kg) van Walter Mapham; Mans Visvangkampioene - Ben Uys (9.85kg), Danie Fourie (9.0kg) en Piet le Roux (5.60kg); Junior Visvangkampioene - JP Uys (7.5kg) en Hennie Groenewald (7.0kg).

Kampioene stap glorieryk oor na 2017

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight

Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight

Did you know the Carpet Geranium, also known as Vrouebossie (Geranium incanum), is more than just a pretty wildflower?

Grootbos Foundation
Freestyle Chess Thrills at Grootbos Lodge

Freestyle Chess Thrills at Grootbos Lodge

This week, chess took centre stage! 

Grootbos Foundation
9 Days to Christmas: Sense of Humour

9 Days to Christmas: Sense of Humour

By now, you might be on your way to the family. Be very sure that the first thing you pack is your sense of humour.

It is Okay for Others to Talk about Themselves

It is Okay for Others to Talk about Themselves

All of us want to know that we are heard and seen, and with that, we know that we are valued.

Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan

Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan

Ons wens die Gansies wat die Wes-Kaap verteenwoordig by die Mzansi Inter-Provinsiale Jeugskaakkampioenskap sterkte toe.

Laerskool Gansbaai
Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025

Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025

Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025.

Gansbaai Golf Club
See All Articles