Volkstoekenning vir suiwer diens

Volkstoekenning vir suiwer diens

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die hoogste Suid-Afrikaanse Liontoekenning, die Louis Volks-toekenning, is Saterdag, 3  Desember 2016 aan Lion Gert Louw van Gansbaai Lionsklub oorhandig.

Met hierdie prestige toekenning is Gert vereer vir sy jarelange harde werk en onbaatsugtige bydrae in die gemeenskap wat hy as lid van Gansbaai Lionsklub gelewer het. Gedurende dié tyd het hy oor drie termyne as Lion president gedien.

“Ons het eenparig besluit op dié toekenning om erkenning aan Gert te gee,” sê Boats van Staden, voormalige Lions president.  Hy het onder andere ‘n enorme bydrae oor die afgelope 14 jaar gemaak met die Lions se jaarlikse Lighuis tot Lighuis Bergfietswedrenne, waar  hy volle verantwoordelikheid geneem het.

Marietta Hattingh het die sertifikaat en medalje tydens Gansbaai Lionsklub se Kersfunksie aan hom oorhandig.

Die bewoording op die sertifikaat lui soos volg: “In recognition of Dedicated and Distinguished Service to the benefit of the community that exemplifies the ideals of the International Association of Lions Clubs.

Profiel

Abraham Gerhardus Louw is op 22 Augustus 1947 in Springbok, Namakwaland, gebore.

In 1964 matrikuleer hy aan die Hoërskool Nabadeeb, waar sy pa by die kopermyne werksaam was.

Gedurende Januarie 1965 sluit Gert by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aan, waar hy vir 34 jaar werksaam was.

In 1998 tree hy in die rang van Kolonel af en vestig hom in De Kelders.

Gert  het  in  1974,  sowat 42 jaar gelede, by die Wellington Lionsklub aangesluit, maar as gevolg van werksomstandighede was hy nie voltyds aktief nie.

“As polisieman was diens aan die gemeenskap vir my van uiterste belang en die Lions was vir my ‘n voortsetting hiervan,” het hy gesê.

In Gansbaai het Gert sy volle gewig by die Lionsklub ingegooi. In 2001 loods hy die eerste Lighuis tot Lighuis Bergfietswedren oor twee dae tussen Danger Point en Agulhas. Dit word steeds jaarliks deur hom gereël.

Boats  vertel  dat  Gansbaai Lionsklub gedurende hierdie tydperk bykans R1m ingesamel het wat in die gemeenskap teruggeploeg is in die vorm van kospakkies, klere, brille, gehoorstukke en veel meer. Aanbouings by Herberg-aan-See se Nasorgsentrum was ook een van die projekte.

Volkstoekenning vir suiwer diens

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight

Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight

Did you know the Carpet Geranium, also known as Vrouebossie (Geranium incanum), is more than just a pretty wildflower?

Grootbos Foundation
Freestyle Chess Thrills at Grootbos Lodge

Freestyle Chess Thrills at Grootbos Lodge

This week, chess took centre stage! 

Grootbos Foundation
9 Days to Christmas: Sense of Humour

9 Days to Christmas: Sense of Humour

By now, you might be on your way to the family. Be very sure that the first thing you pack is your sense of humour.

It is Okay for Others to Talk about Themselves

It is Okay for Others to Talk about Themselves

All of us want to know that we are heard and seen, and with that, we know that we are valued.

Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan

Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan

Ons wens die Gansies wat die Wes-Kaap verteenwoordig by die Mzansi Inter-Provinsiale Jeugskaakkampioenskap sterkte toe.

Laerskool Gansbaai
Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025

Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025

Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025.

Gansbaai Golf Club
See All Articles